5 grootste haarfoute wat jy (dalk) maak

0
124
haarstyle.jpg

Dis vroegoggend en jy is (al weer) laat vir werk. Jy slaan jou koffie vinnig weg en druk jou hare sommer in ’n poniestert. Maar met hierdie haargewoontes maak jy heel moontlik vyf van die grootste haarfoute.

Hare is een van ’n vrou se belangrikste bates, en daarom is dit so noodsaaklik om jou hare goed te versorg. Daar is vyf foute wat baie vroue maak, en sodoende hulle hare beskadig. Is jy dalk een van hulle?

1. Jy sny nie jou hare gereeld nie

Elke vrou wat ’n spesifieke haarstyl het, verstaan die noodsaaklikheid om gereeld by die haarkapper uit te kom. ’n Styl het ’n “raklewe” van ongeveer vier tot agt weke voordat dit moeilik raak om te stileer en vorm verloor. Dan is dit natuurlik ook gesond vir jou hare om gereeld gesny te word. Dooie punte word afgesny en jou haredos lyk weer blink.

2. Oormatige hitte beskadig jou kosbare besitting

Wanneer jy hitte gebruik om jou hare te stileer, maak seker dis die lae of medium stelling. Slegs baie growwe of krullerige hare kan die hoogste temperature hanter. Maak in elkgeval seker jy gebruik ’n hittebeskermingsproduk en sit die punt of “diffuser” voor aan die haardroër. Moet ook nooit die hitte te lank op een plek konsentreer nie.

3. Gebruik jy haarsproei voor jy stileer?

Het jy al ooit die “tssssss”-geluid gehoor wat jou hare maak wanneer jy dit om die krultang draai ... nadat jy dit met haarsproei gespuit het? Die alkohol in die sproei brand wanneer dit in kontak met hitte kom! Dit geld vir alle hitte stilering. Onthou om jou hare met haarsproei te spuit nádat jy dit stileer het.

4. Te veel tease kan jou hare beskadig

Wanneer jy daardie bietjie ekstra volume nodig het, werk dit beslis om jou hare te tease. Maar om gereeld jou hare so te kam kan die haarwortels beskadig en jou hare breek. Om die volume te verkry sonder die skade, probeer HANNON se Liquid Crystal Styling Gel. Wend dit aan nat hare, vryf tot op jou kopvel en blaas dan droog terwyl jy sommer jou vingers deur jou hare kam. Voilà! Meer volume.

5. ’n Warm tang op nat hare ... o nee!

Nat hare en warm tange is beslis nie goeie maats nie. Wanneer jy jou nat of klam hare met ’n krultang stileer, kan dit jou follikels brand en jou laat met bros, gebreekte hare. Maak seker jou haredos is heeltemal droog voordat jy die warmtange optel, selfs al is jy laat vir werk ...

Bronne: www.lhj.com; www.womenshealthmag.com

Is jy op soek na haarprodukte wat perfek by jou tipe hare pas? Kliek hier vir Hannon se reeks by voelgoedwinkel.co.za.

argilla_wen.jpgTwyfel jy soms aan jou kookvernuf? Of wil jy beter en gesonder kos vir jou gesin voorsit? Argilla-kookgerei is jou antwoord! Lees die artikel oor die vyf grootste haarfoute, beantwoord ’n maklike vragie en staan die kans om ’n ekstragroot Argilla Gourmet-roosterbak ter waarde van meer as R500 te wen. Vul jou naam en kontakbesonderhede hier onder in.