5 Items wat jou huis netjieser maak

0
1144
organiseer.jpg

Jy sal nie glo hoe hierdie 5 items jou huis netjieser sal maak nie. Die beste van alles is dat jy dit alreeds besit.

1. Brief liasseerder

Hierdie brief liasseerder is nie net vir briewe of dokumente nie. Gebruik een van die rakkies vir spyskaarte van jou gunsteling kitskos restaurante. Jy kan selfs oulike resepte organiseer en elke rakkie merk as: voorgeregte, hoofgeregte en nageregte.

1_18.jpg

2. Stortgordynringe

Maak ʼn hanger uit stortgordynringe. Hulle kan aanmekaar gehak word en jy kan jou serpe, hangertjies of selfs jou handsakke daaroor hang.

2_9.jpg

3. Skinkborde

Hoekom wil jy daardie mooi silwer skinkbord weggooi? Jy kan jou grimering daarop sit en in ʼn laai bere. Dit sal sommer mooi lyk ook.

skinkborde.jpg

4. Blompot

Verf bietjie daardie ou blompot waarvan jy so graag ontslae wil raak. Jy kan dit nou sommer in die kombuis gebruik vir al daardie kombuisgereedskap wat jou laaie so deurmekaar maak.

4_10.jpg

5. Ysbakkies

Wanneer jy vir een of ander rede te veel ysbakkies het, kan jy altyd een gebruik vir jou juwele, duimspykers of garing. Dis ʼn makliker manier om goedjies bymekaar te hou wat gewoonlik weg raak.

6_4.jpg

lyn_3.png

3 reëls om jou huis reg te pak

Moenie skaam wees nie – kry hulp

Soms het jy iemand nodig wat objektief na jou huis kan kyk. Hoe sê hulle nou weer? ’n Nuwe besem vee skoon!

“My keel het toegetrek,” onthou Melanie van Wyk, wat in Durbanville bly. “Die deurmekaarspul het my totaal oorweldig. Met drie kinders onder ses in die huis, was dit natuurlik nie snaaks nie. Glo my, ek het probeer. Elke nou en dan sou ek met oorgawe begin regpak, net om ’n uur of wat later deur die telefoon of ’n kind onderbreek te word. Dan het ek papnat gesweet alles net weer teruggegooi.”

Melanie is ’n perfeksionis. Eintlik van die grafiek af perfeksionisties, het ’n persoonlikheidstoets gewys. “Voordat ek operasionele bestuurder by ons eie onderneming geword het, was ek nege jaar in die hotelbedryf. Organiseer is in my bloed, maar skynbaar nie in my eie huis nie.” finesse_tydskrif_0.jpgToe haar jongste twee jaar oud was, het sy besluit genoeg is genoeg en Judith se hulp ingeroep.

Lees meer oor Melanie se ervaring, en hoe sy saam met Judith haar huis georganiseer het. Dit en die 3 reëls van regpak nét in die September-uitgawe van FINESSE.

Hierdie moetlees-artikel kan jy sommer maklik kry met die druk van ’n knoppie! Kry jou eie e-Finesse deur hier te kliek.