5 Maniere om jou brein skerp te hou

0
933
brein_skerp.jpg

Soos wat ons ouer word, raak dit moeiliker om te onthou. Gelukkig kan jy op enige ouderdom jou geheue verbeter.

Eet tog net jou groente elke dag

Groente is ryk aan vitamiene en voedingstowwe wat jou breinselle beskerm. Maar sodra jy ʼn tamatie pluk of ʼn wortel uit die grond trek, verminder die voedingswaarde daarvan. As jou groente en vrugte vir dae lank in jou yskas bly gaan dit jou nie veel help nie. Vries dit liewer want vars groente en vrugte is die beste opsie.

Jou brein kort ook gereelde oefening

Dit is die beste manier om jou verstandelike agteruitgang te vertraag aangesien geheueverlies gewoonlik met ouderdom gepaard gaan. Kyk of jy kan onthou wie wanneer verjaar en maak ʼn punt daarvan om gereeld ʼn boek te lees, want hoe meer jy lees, hoe meer oefen jy jou brein. Kliek op http://voelgoedwinkel.co.za/boeke vir ʼn paar inspirerende boeke.

Dans en musiek, dis wat die brein jonk hou

Oefening verhoog die brein se neurogenese tempo – die vorming van nuwe breinselle. Om werklik jou grysstof te ontwikkel, doen 'n oefening wat jou fisies en verstandelik stimuleer. ’n Goeie voorbeeld is dans. Dit vereis baie breinkrag om jou liggaam in ʼn gekoördineerde wyse in ritme saam met die musiek te beweeg.

Kies rooiwyn in plaas van vervelige wit

Rooiwyn bevat resveratrol en antioksidante. Navorsing toon dat dit bloedvate in jou hart beskerm. Drink ʼn glas of twee. Dit kan jou net goed doen.

Dis verbasend hoe ʼn middagslapie die geheue verfris

Dis hoekom ʼn middag slapie belangrik is: Nuwe inligting dring jou brein binne soos wat eposse in jou inbox gaan lê. Net soos wat jou inbox vol raak, word jou brein ook. Terwyl jy slaap sorteer jou brein hierdie inligting wat jy deur die loop van die dag versamel het en nuwe spasie word geskep. Wie het gesê jy kan nie liaseerwerk in jou slaap doen nie?