5 wenke om op te hou worry

0
202
sonja_heroldt.jpg

Gedink celebs het nie ’n bekommernis in die wêreld nie? “Watwou,” sê Sonja Herholdt, “spanning is deel van ’n lewe in die vermaaklikheidswêreld.” Hier gee Sonja ’n paar wenke van hoe sy korte mette met haar bekommernisse maak:

  1. Ek haal diep asem. Dit gee my kans om rustig te word en die situasie goed te deurdink.
  2. Dan probeer ek die groter prentjie sien. ’n Mens is dikwels so vasgevang in die krisis wat jy op ’n spesifieke oomblik ervaar, dat jy net daarin vaskyk. So baie keer gaan die bekommernis wat jy nou ervaar ’n minimale invloed op die res van jou lewe hê.
  3. Indien moontlik, gaan lê ek op die grond en doen ’n paar strekke. Dit help my brein om vir ’n oomblik van die krisis te vergeet sodat ek helder en rasioneel kan dink.
  4. Ek probeer dink aan dit wat positief is in my lewe. Dit help jou om minder te fokus op jou bekommernisse en alles in perspektief te sien.
  5. Ek sê “Dankie Jesus, dankie Jesus!” soveel keer as wat dit nodig is. Óf saggies vir myself óf oor en oor in my gedagtes.