5 Wenke vir ’n Kersfees sonder skuld

0
131
kersgeskenk.jpg

Die beste geskenk wat jy vir jouself hierdie Kersfees kan gee is finansiële stabiliteit.

Dit is okei om nie vir almal geskenke te koop nie, veral as jy weet dat jy dit nie kan bekostig nie. ʼn Kaartjie beteken meer as die duurste parfuum. En goedkoop geskenke is by vere die beste.

Hier is 5 wenke om seker te maak dat hierdie feesseisoen jou nie met ʼn gat in die sak los nie.

1. Stop! Een is meer as genoeg

Jy het ʼn week terug vir jou vriendin die mooiste hangertjie gekoop, maar nou wil jy sommer ʼn boks chocolates ook by sit. Stop net daar. Een geskenk is meer as genoeg. Wanneer jy dit in gedagte hou om vir elkeen net een ding te koop sal jy meer geld spaar. Wie weet, dalk het jy genoeg geld oor om jouself te bederf.

2. Jy is nie Kersvader nie

Jy hoef nie vir almal ʼn iets te koop nie. Maak ʼn lysie en besluit wie die belangrikste mense in jou lewe is. Die twee worshondjies hoef ook nie hierdie Kersfees ʼn geskenk te kry nie. Bederf hulle net met baie liefde.

3. Koop slim en betaal min

Jy kan sommer oor die internet Kersgeskenke koop. Jy sal verseker op goeie pryse afkom. Moet net nie wag om op die laaste nippertjie iets aanlyn te bestel nie. Dit neem soms ʼn hele rukkie voordat jy dit ontvang. Die voordeel hiervan is dat jy nie van plek tot plek hoef te ry, opsoek na die perfekte geskenk nie. Só spaar jy ook brandstof.

4. Wanneer jy iets maak, spaar jy meer

Gebruik net dit wat jy by die huis het en maak iets daaruit. Jy kan sommer op die internet kyk vir oulike idees. Dit is ook altyd pret om saam met jou kinders Kersversierings te maak.

Kliek hier vir 20 maklike versierings vir jou Kerstafel.

5. Koop jou geskenke ver vooruit

Maak ʼn gewoonte daarvan om elke maand ten minste een Kersgeskenk vir iemand te koop. Teen die tyd wat dit Kersfees is, het jy alreeds almal sin gekoop. As jy dit só doen sal jy definitief elke feesseisoen minder uitgawes hê.