6 foute wat jy by die werk maak

0
221
esna_colyn.jpg

Esna Colyn, besturende direkteur van Imbalie Beauty, wat onder andere Placécol Skin Care besit, deel die 6 grootste foute wat jy kan maak wat jou kanse vir sukses verminder.

1. Glo jy het al die antwoorde en vra nie vrae nie

Stay hungry and stay foolish. Steve Jobs van Apple het dit gesê. Wees bereid om te leer. Moenie bang wees om vir hulp te vra as jy dit nodig het nie. Dis al hoe jy in jou beroep gaan groei. Dit gaan jou ook nederig hou. En dit is belangrik vir sukses. As jy eers eiesinnig raak en glo jý het die antwoord op alles, gaan jy besigheidsfoute maak.

Maak jy vinnige aannames oor mense en situasies?

Is om nie te vinnig aannames te maak nie. Soms neem ons sommer aan dat ons iets nie sal kan regkry nie. Maar as jy dit mooi analiseer, besef jy dat dit tóg moontlik is. Dis hoekom jy al jou opsies moet oorweeg. En hier kom spanwerk in. As jy almal se persepsies saamgooi, jou ego eenkant toe skuif en na mense se opinies luister, sien jy die groter prentjie.

Gooi die handdoek want die einde lyk nét te ver

Deursettingsvermoë … Dit is werklik die sleutel tot sukses. Ek is bevoorreg dat ek uiters gedrewe is. As ek ’n ding begin, maak ek dit klaar. Ek hou nie op totdat ek dit reggekry het nie. Dit is wat langafstande op skool my geleer het. Die resies is eers verby wanneer jy jou voet vir die laaste keer oor daardie wenstreep sit. ’n Mens moet hard werk om jou drome te laat realiseer.

Is jy “bo” jou werknemers en skeer almal oor dieselfde kam?

Om die beste in my span na vore te bring. Dit kry ek reg deur beide ons goeie en swak punte te identifiseer. En om dit te kan doen moet ek op grondvlak beweeg. Ek moet weet watter uitdagings my saloneienaars het. Vir hulle om my egter in hul vertroue te neem, moet ek ’n goeie verhouding met hulle hê. Dus moet ek ons salonne regoor die land op ’n gereelde basis besoek.

Jy is onbetrokke by jou kliënte en werknemers

In die veld beweeg. Dit is juis daar waar ek nuwe idees kry. Dan sit ek en ons saloneienaars koppe bymekaar. En so kry ons kreatiwiteit vlerke oor hoe om ons produk en diens verder uit te brei. Wat natuurlik heerlik is, is as ek sien dat sekere idees in praktyk wérk. Dan is ek sommer reg vir die volgende rondte van uitdagings wat oorkom moet word!

Jou werknemers moet alleen sien-kom-klaar

Wanneer jy jou ganse op hul eie, en nie in formasie laat vlieg nie. Mense het ondersteuning nodig om die pas vol te hou. Jy moet hulle bemagtig om saam met jou te groei. Dus speel opleiding ’n uiters belangrike rol. Jy moet hulle toerus om die werk tot die beste van hulle vermoë te doen. Deel jou kennis. Mentorskap is nie onderhandelbaar nie. Dit gee jou mense selfvertroue om te vlieg.