6 nuwe truuks met gewone grimering

0
96
grimering.jpg

Die grimering in jou tassie is nie so eenvoudig soos wat jy dink nie. Alles het verskuilde talente. Kyk met nuwe oë na jou lipstiffie, maskara, oogskadu …

1. Lipstiffie hoort nie net op jou lippe nie!

Wie se grimeertassie het nie ten minste een lipstiffie nie? As joune rooi of pienk is, het jy sopas jou eerste versteekte stukkie talent ontdek. ’n Pienk skynsel op jou wange en selfs ooglede doen wondere vir jou gelaat. Nadat jy die lipstiffie op jou lippe aangewend het, tik saggies met jou vinger ’n bietjie kleur oor jou wangbene en jou ooglede.

2. Maskara as ’n oogomlyner … is dit moontlik?

Die tweede superhero op jou lys is maskara. Hierdie stukkie grimeerwonder kan ook as ’n oogomlyner gebruik word. Indien die borseltjie ’n redelike skerp punt het, maak dit effens nat en druk dit in die maskara. Nou kan jy ’n elegante strepie onder jou oë trek, en jou ooglid ook aan die bokant afrond.

3. Sagte, smeulende oë met jou gunsteling oogskadu

Wil jy jou gewone (en deesdae vervelige) bruin oogskadu weer ’n bietjie nuwe lewe gee? Maak jou poeierkwassie nat voordat jy die oogskadu aanwend. Die vogtigheid verander die gewone bruin in ’n misterieuse nuwe kleur. Wie het gesê smokey eyes is net vir filmsterre?

4. Helder oogskadu met jou verbloemer

Wend jou verbloemer aan jou ooglede onder die oogskadu. Die verbloemer gee die skadu ’n ryker, dieper voorkoms.

5. Sponspunt grimeerkwassies het ’n geheime talent

Perfek om lipstiffie mee aan te wend! Gebruik hierdie sponspunt kwassies om jou lippe pragtig in te kleur.

6. Puisie? Weg in ’n oogwink!

’n Puisie kan wraggies jou perfekte grimeervoorkoms belemmer. Hier is ’n tip … meng ’n bietjie gesigpoeier met ’n druppel onderlaag. Dit maak die formule effens dikker en gee jou beter verbloeming.

Bron: www.redbookmag.com