7 stappe tot ’n effektiewe begroting

0
211
begroting.png

Werk jy op ’n begroting maar spandeer nog steeds meer as wat jy moet? Is “begroting” iets wat jou moed in jou skoene laat sak … Ons leer by finansiële ghoeroe Dave Ramsey iets oor begroting.

Vir baie mense is ’n budget net ’n groot kopseer. Jy beplan, en begroot … en dan gebeur die lewe. Dave Ramsey, van die bekende program The Dave Ramsey Show, het reeds miljoene mense regoor die wêreld uit hulle finansiële verknorsing gehelp. Sy koevertsisteem (envelope system) is ’n doelgerigte manier om jou te help om jou begroting op te stel én daarby te bly.

Dave Ramsey se koevertsisteem is jou finansiële redding

dave_ramsey.pngHet jou ouma ook hulle geld in koeverte gebêre? In die ou dae het mense hulle geld opgedeel om maandelikse uitgawes beter te beheer, maar in vandag se kaart-swipe kultuur is dit iets van die verlede. Hoe maklik is dit nie om jou “plastiek” geld uit te haal elke keer as jy iets betaal nie. Of dit nou op krediet is, of nie, deur met jou kaart te betaal maak dit die realiteit ’n bietjie sagter … die besef van hoeveel geld uit jou sak vloei kom eers heelwat later, en gewoonlik met ’n groot skok!
Dave se envelope system is ’n belangrike deel van sy Total Money Makeover plan. Hier is ’n basiese grondslag om so ’n sisteem te begin en jou begroting ’n kraginspuiting te gee.

1. Begroot elke salaris in die fynste detail

Begroting is vir meeste mense ’n onaangename woord, maar om sukses te behaal met jou koeverte moet jy tot die laaste sent begroot. ’n Mens is maklik geneig om geld te spandeer op nietighede, en teen die einde van die maand staan jy verstom dat jou rekening leeg is!

2. Deel jou geld op om dit beter te beheer

Bepaal wat jy alles uit jou sak uit betaal per maand. Maak kategorieë soos petrol, kos, klere en vermaak. Daar is natuurlik sekere items op jou begroting wat jy elektronies betaal en jy kan uiteraard nie hierdie geld in koeverte sit nie. Maar sover as wat jy kan, deel jou geld op wat nie per debietorder afgetrek word nie.

3. Maak jou koeverte vol

Nadat jy jou uitgawes in kategorieë verdeel het, sit die aangeduide bedrag in elke koevert. As jy byvoorbeeld R500 vir klere begroot het, sit nou daardie R500 in jou “Klere” koevertjie.

4. Wanneer dit op is, is dit op

Hier kom die trick … Wanneer jy al die geld in ’n spesifieke koevert gespandeer het, is jy klaar met daardie groepie vir die maand. Met ander woorde, jou koevertjie is leeg, dis finish en klaar. Jy mag níé by die OTM nog geld trek of met jou kaart betaal nie. Maak dus seker jy het genoeg geld uitgesit vir dinge soos kos en petrol. ’n Mens is geneig om te min vir veral kos te begroot.

5. Moenie in versoeking gestel word nie

Jy mag dalk redeneer dat jou debietkaart nie skuld maak soos ’n kredietkaart nie, maar daar is iets sielkundig wat dit moeiliker maak om kontant te spandeer as om jou kaart te gebruik. As jy dit ’n gewoonte kan maak om eerder kontant te gebruik, sal jy minder geneig wees om te veel geld uit te gee.

6. Rond jou koevertsisteem oor tyd af

Moenie sommer moed opgee as jy na ’n maand of twee nog nie jou begroting heeltemal reggekry het nie. As jy vasbyt en deurdruk sal jy wel sien hoe hierdie sisteem jou geldsake regruk.

7. Maak tyd vir pret ook!

Moenie vir jouself ’n wet maak wat sê jy mag nie ook geld uithou vir lekker dinge nie. As jy en manlief saamstem, of as jy voel jou begroting kan dit hanteer, maak gerus ’n “Pret”-koevertjie. Hierdie geld kan vir enigiets gebruik word buite die normale. Om goed met geld te werk hoef nie ’n nagmerrie te wees nie.

As jy meer wil lees oor Dave Ramsey en sy Total Money Makeover plan, gaan na www.daveramsey.com. Hy het ook ’n baie interessante, en effektiewe, manier om jou skuldvry te maak. goue-kettinkie.pngDis beslis die moeite werd om jou kopsere oor geld iets van die verlede te maak!

Bron: www.daveramsey.com

WEN!

Jy is so te sê gereed vir jou en manlief se date night. Al wat kortkom, is iets asemrowends om jou nek … Skryf sommer nou in om ’n pragtige juweelstuk uit die Essentials-reeks ter waarde van byna R500 te wen. (Vul jou besonderhede hieronder in)

DEEL
Vorige artikeln Wonderwerk
Volgende artikelorden jou binnewêreld
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.