7 wenke: meer vrede, minder vrees

0
59
tips.jpg

As ’n vrou in Suid-Afrika is vrees amper “normaal”. Hier is praktiese raad om jou vrees te oorkom.

1. Gaan sien ’n goeie psigiater indien jy chronies angstig is. Kry ’n verwysing by iemand wat jy vertrou wat ondervinding het met angs (Frances Mostert du Toit).
2. Maak vrede daarmee dat medikasie jou kan help om gelukkiger te wees (Weichke Steynvaart; Lizette Brunette).
3. Skryf jou vrese neer en verbrand dit dan sodat jy kan sien hoe word dit net stof en as (Anoniem).
4. Werk deur ’n goeie boek oor die bevryding van vrees (Mary van Wyk).
5. Fokus op jou asemhaling wanneer jy paniekerig voel. ’n Paar diep asemteue kalmeer jou gedagtes (Lizel Gertse-De Mink; Fiela du Toit).
6. Gaan op die FINESSE bootrit of kuier by ’n vriendin by wie jy kan lag en sonskyn op jou vel kan kry (Melanie Lubbe).
7. Doen gereeld oefening wat jou leer om te ontspan, byvoorbeeld joga, en visualiseer hoe God se lig om jou skyn (Elsabe Fourie).

3 Bybelverse wat jy kan bid wanneer jy bang is

1. Die Here sal voor (my) uitgaan. Hy sal by (my) wees. Hy sal (my) nie in die steek laat nie, (my) nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie (Deut. 31:8).

2. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel (Ps. 17:6-9).

3. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie…Moenie bang wees nie, Ek is by jou (Jesaja 43:2, 5).