8 heerlike disse op ’n begroting

0
38
resepte.jpg

Jy kan nog lekker eet! Ons wys jou hoe om heerlike etes voor te berei al is jy op ’n stywe begroting.

Pasta met ham en murgpampoentjies

Genoeg vir 4
Tyd: 25 minute

BESTANDDELE
pasta_ham.jpg350g fettuccine-pasta
6 murgpampoentjies
15 ml olyfolie
1 ui, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml koekmeel
750 ml melk gekruide lensies
handvol tiemie, blaartjies afgetrek
200 g toebroodjieham, in 2 cm-blokkies gesny

METODE
1. Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Gebruik ’n groenteskiller om die murgpampoentjies in linte te sny.
2. Verhit die olie oor matig hoë hitte en soteer die uie en knoffel. Sprinkel die meel oor en roer om te meng. Verwyder van hitte en voeg die melk geleidelik by terwyl die mengsel aanhoudend geroer word. Laat oor matige hitte kook vir ongeveer 5 minute, tot dik.
3. Voeg die murgpampoentjies en tiemie by en laat kook vir 5 minute. Geur en roer die pasta en ham by.

Deur Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncubi. Foto: Roelene Prinsloo

[pagebreak]

Gerookte vis en rysslaai

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
rys_slaai.jpg250 ml bruinrys
4 eiers
15 ml plantaardige olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
15 ml kerriepoeier
300 g gerookte vis (soos snoek of skelvis), vel en grate verwyder
handvol koljander, gekap
handvol kersietamaties, gehalveer
1 suurlemoen, in wiggies gesny

METODE
1. Maak die rys gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Kook die eiers vir 5-8 minute (vir sagte eiers). Dreineer onder koue water en dop af.
2. Verhit die olie oor matige hoë hitte en soteer die ui en knoffel. Voeg die kerriepoeier by en kook vir ’n minuut. Geur en vlok die vis. Voeg die vis, rys, koljander en tamaties by die mengsel in die pan.
3. Druk ’n bietjie suurlemoensap na smaak bo-oor uit en sit voor met die oorblywende wiggies en ’n eier bo-op.

Deur Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncubi. Foto: Roelene Prinsloo

[pagebreak]

Worspastei

Genoeg vir 4
Tyd: 35 minute

BESTANDDELE
worspastei.jpg2 eiers
180 ml melk
30 ml yswater
250 ml koekmeel
500 g boerewors, in 6 cm-stukkies gesny
1 rooi-ui, in skyfies gesny
olyfolie, om oor te sprinkel
410 g blik Mediterreense tamaties
2 takkies roosmaryn, blaartjies afgetrek

METODE
1. Stel die oond op 230 °C. Meng die eiers, melk, yswater en meel saam. Geur en hou in die yskas.
2. Plaas die boerewors en die ui in ’n 23 cm x 8 cm oondvaste bak en besprinkel met olie. Bak ongeveer 10 minute tot goudkleurig.
3. Voeg die tamaties en roosmaryn by en bak nog 5 minute. Geur. Giet die beslag oor die mengsel en bak ongeveer 15 minute tot goudbruin.

Deur Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncubi. Foto: Roelene Prinsloo

[pagebreak]

Klein groente-quiches

Genoeg vir 6 tertjies
Tyd: 35 minute

BESTANDDELE
groente_quiche.jpg1 rol broskorsdeeg
200 g murgpampoentjies, in linte gesny
200 g babatamaties
100 g fetakaas, gekrummel
4 eiers, geklits
250 ml suurroom
handjievol grasuie, gekap

METODE
1. Stel die oond op 180 °C. Smeer 6 klein quiche-pannetjies.
2. Rol die deeg uit en voer die pannetjies daarmee uit. Plaas op ’n bakplaat en bak blind vir 10 minute. Haal uit oond en laat effens afkoel.
3. Strooi die murpampoentjies, tamaties en fetakaas onder in elke basis en geur goed.
4. Gebruik ’n groot beker en meng die eiers, suurroom en grasuie. Geur na smaak en giet die vulsel in die pasteibasisse. Bak 25 minute of tot gestol. Sit voor met ’n groen slaai.

Deur Leila Saffarian. Foto: Stockfood

[pagebreak]

Tunapilaf

Genoeg vir 4
Tyd: 50 minute

BESTANDDELE
tuna_pilaf.jpg15 ml olyf- of avokado-olie
1 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml kerriepoeier
3 ml borrie
3 ml rissiepoeier (opsioneel)
5 ml fyn komyn
skil en sap van 1 suurlemoen + ekstra om op te dien
250 g basmati-rys
750 ml groenteaftreksel
sout en peper
2 x 170 g blikke tunastukke in soutwater, gedreineer
handvol koljanderblare, gekap

METODE
1. Verhit die olie in groot braaipan oor matig hoë hitte en soteer die uie en knoffel vir 3 minute tot goudkleurig.
2. Voeg die kerriepoeier, borrie, rissiepoeier, komyn en suurlemoenskil by. Braai vir 1-2 minute.
3. Voeg die rys by en bedek met die speserye en olie. Voeg die suurlemoensap en groenteaftreksel by en geur.
4. Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte tot matig en laat ongeveer 20 minute prut of tot die rys gaar is.
5. Meng die tuna en koljander deur en sit voor met ekstra suurlemoenwiggies.

Deur Leila Saffarian. Foto: Graeme Wyllie

[pagebreak]

Gekruide lensie-en-eiervrug

Genoeg vir 4
Tyd: minute

BESTANDDELE
eiervrug.jpg15 ml sonneblomolie
2 eiervrugte, in happiegrootte gesny
1 ui, gekap
15 ml matige kerriepoeier
15 ml suiker
410 g blik lensies, gedreineer
skeut suurlemoensap
180 ml ongegeurde jogurt
handvol kruisementblare, gekap

METODE
1. Verhit die olie oor hoë hitte en maak die eiervrugte in sarsies gaar tot goudkleurig.
2. Voeg die uie by en soteer. Voeg die kerriepoeier en suiker by en laat kook vir 1 minuut. Geur. Meng die lensies by en laat 5 minute kook.
3. Voeg suurlemoensap na smaak by. Meng die jogurt en kruisementblare en sit voor bo-op die lensie-en-eiervrugmengsel.

Deur Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncubi. Foto’s: Roelene Prinsloo

[pagebreak]

Biefkebabs met murgpampoentjiehoemoes

Genoeg vir 4
Tyd: 40 minute + 30 minute verkoeltyd

BESTANDDELE
bief_kebabs.jpgKEBABS
45 ml olyfolie
10 ml droë oreganum
5 ml droë roosmaryn
5 ml droë rissievlokkies, opsioneel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
600 g kruisskyf, in blokkies (of volstruisfilet)
8 medium bamboespenne, geweek

HOEMOES
1 bakkie murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
60 ml olyfolie
1 x 410 g blik keker-ertjies, afgespoel en gedreineer
30 ml tahini-pasta
sap van ½ suurlemoen
1 klein knoffelhuisie, fyngekap
vars suurlemoen, vir opdiening
vars roket, vir opdiening

METODE
1. Meng al die bestanddele vir die kebabs in ’n groot bak. Bedek met kleefplastiek en verkoel in yskas vir 30 minute.
2. Haal die vleis uit die yskas en ryg op die penne. Verhit ’n groot riffelpan en maak gaar volgens smaak. Verwyder van hitte en hou eenkant.
3. Vir die hoemoes: Plaas die murgpampoentjies op ’n bakplaat, bedruip met 15 ml olyfolie en geur goed. Rooster in ’n vooraf verhitte oond teen 200 °C vir 15-20 minute.
4. Plaas die murgpampoentjies, oorblywende olyfolie, keker-ertjies, tahini, suurlemoensap en knoffel in ’n menger en verwerk vinnig om ’n dik pasta te vorm. Geur goed. Voeg meer suurlemoensap by indien nodig en 15-30 ml water as die mengsel te dik is.
5. Sit die kebabs voor saam met die hoemoes en baie vars suurlemoen en roketblare.

Deur Leila Saffarian bygestaan deur Nomvuselelo Mncubi. Foto: Dylan Swart

[pagebreak]

Oliebolletjies met suiker en kaneel

Genoeg vir 24
Tyd: 30 minute + rystyd

BESTANDDELE
olie_bolle.jpg360 g koekmeel
5 ml sout
5 ml neut
10 g droë kitsgis
45 ml suiker
2 ekstragroot eiers
5 ml vanieljegeursel
325 ml louwarm melk
60 ml gesmelte botter
500 750 ml olie, vir diepbraai
suiker en kaneel om mee te bedek

METODE
1. Sif die meel, sout en neut saam. Voeg kitsgis en suiker by.
2. Klits die eiers, vanieljegeursel en louwarm melk liggies saam. Voeg by die meelmengsel saam met die gesmelte botter. Meng goed en knie minstens 15 minute totdat die deeg sag en klewerig is.
3. Plaas die deeg in ’n gesmeerde bak, bedek met ’n klam lap en laat op ’n warm plek staan om te rys tot die volume verdubbel het.
4. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Bestuif albei kante van die deeg met meel – dit sal voorkom dat dit vasklou. Rol die deeg uit tot ’n dikte van 5 mm. Gebruik ’n klein olieboldrukker of ’n klein ronde koekiedrukker om die vormpies uit te druk.
5. Plaas die oliebolle op ’n bakplaat en laat weereens toe om te rys tot dubbel die volume.
6. Verhit intussen die olie in ’n diep swaarboomkastrol. Diepbraai die oliebolle tot ligbruin aan albei kante, ongeveer 30 sekondes. Braai 5-8 oliebolle op ’n slag, na gelang van die grootte van die kastrol.
7. Skep oliebolle met ’n gaatjieslepel uit die olie en plaas op ’n papierhanddoek. Toets die eerste oliebol om seker te maak dit is gaar.
8. Meng suiker en kaneel in ’n klein bakkie. As die oliebolle genoeg afgekoel het om te hanteer, rol hulle liggies in die suikermengsel om aan albei kante bedek te word.
9. Sit vars voor aangesien die oliebolletjies nie lank goed gaan bly nie.

Deur Dorah Sitole. Foto: Vanessa Lewis