8 heerlike tuisgemaakte stokkieroomyse

0
545
roomys.jpg

Wat kan makliker wees as om jou eie stokkieroomyse te maak? En ons praat nie hier van gevriesde Oros nie … Verras jou gesin op die warm somersdae met fantastiese tuisgemaakte roomys.

1_7.jpg

1 ’n Maer “cookies and cream”

Bestanddele:
125 ml sagte Laevet Room kaas
125 ml Laevet Gewone Griekse Joghurt
1/4 k Laevetmelk
2 e Strooisuiker
6 Sjokolade koekies soos Oreos – verkrummel
Metode:
Meng die roomkaas, joghurt, melk en strooisuiker saam in ’n medium mengbak tot glad en romerig. Roer die verkrummelde koekies by. Gooi die mengsel in roomys vormpies, of selfs klein papierkoppies. Sit in die vrieskas, maar onthou om die stokkies in te druk voordat dit heeltemal gevries is.

Bron: www.theskinnyfork.com

2_4.jpg

2 Waatlemoen op ’n stokkie

Bestanddele
1½ k waatlemoen (ontpit)
¾ k vetvry Griekse joghurt
Versoeter soos heuning, stroop of natuurlike versoeter volgens smaak.
Metode
Verpulp die waatlemoen in ’n versapper. Gooi deur ’n fyn sif in ’n mengbak. Gooi die waatlemoensap terug in die versapper. Voeg die joghurt by. Meng goed en voeg die versoeter by volgens smaak. Giet in roomysvormpies en vries.

Bron: www.citronlimette.com

3_5.jpg

3 Avokadopeer-en-lemmetjie roomys

Bestanddele:
1 k water
2 oorryp piesangs
2 avokadopere
Sap en skil van 1 lemmetjie
Knypie growwe seesout
Metode:
Meng al die bestanddele in ’n versapper tot glad. Gooi oor in roomysvormpies en vries vir ten minste 24 uur.

Bron: www.myrecipes.com

4_4.jpg

4 Aarbei Smoothie Pops

Bestanddele
1 k appelsap
500 ml aarbeie, gesny en gevries
1 piesang, geskil, gesny en gevries
1 appel, geskil, gesny en gevries
150 ml vanielje joghurt
1 t vanielje ekstrak
Metode
Meng al die bestanddele saam in ’n versapper tot glad en romerig. Giet mengsel in roomysvormpies en vries. Onthou om die stokkies in te druk voor die roomys heeltemal gevries is.

Bron: www.godairyfree.org

[pagebreak]

5_4.jpg

5 Gummi Bear-roomys op ’n stokkie

Bestanddele
Gummi Bears-lekkergoed
Sprite Zero
Metode:
Gooi die roomysvormpies of papierkoppies halfpad vol Gummi Bears. Maak die vormpies vol tot amper bo met Sprite Zero. Plaas in die vrieskas, maar onthou om die stokkies in te druk voor die roomyse heeltemal gevries is.

Bron: www.insideoutmotherhood.com

6_2.jpg

6 Kiwi-en-lemoen roomys

Room lagie
Bestanddele:
1 k room, halveer in 2 verskillende koppies
½ k volroommelk
¼ k suiker
Knypie sout
3 eiergele
1 t vanielje ekstrak
Metode
1. Gooi een halwe koppie room in ’n klein bakkie met ’n fyn sif bo-op. Sit eenkant.
2. In ’n klein pannetjie, meng die melk, oorblywende halwe koppie room, suiker en sout. Laat saggies prut.
3. In ’n ander bakkie, klits die eiergele tot lig.
4. Wanneer die melk begin prut, gooi dit stadig by die eiergele terwyl jy aanhou roer. Nadat die melk mengsel met die eiergele gemeng is, gooi dit weer terug in die pan en sit weer op die stoof.
5. Verhit die mengsel in die pan terwyl jy roer. Laat dit stadig warm en dik word totdat dit die agterkant van ’n houtlepel bedek. Haal onmiddelik van die plaat af wanneer dit dik word.
6. Gooi die warm vla deur die sif in die bakkie met room en roer tot afgekoel. Meng vanielje ekstrak by.
7. Koel die mengsel deeglik af.

Kiwi laag

1 ryp kiwivrug, afgeskil
¼ k suiker
¼ k water
Metode
Meng die kiwi, suiker en water in ’n versapper totdat dit glad is. Verkoel deeglik.
Lemoen laag
Bestanddele
2 k lemoensap, verkoel

Bou jou roomys só
Gooi elke lagie in die roomysvormpie een op ’n slag. Vries laag vir laag ongeveer 30 tot 45 minute voor die volgende lagie bygevoeg word. Onthou om die stokkies in te druk.

Bron: www.dessertforbreakfast.com

7_2.jpg

7 Aarbeie-en-koekies stokkieroomys

Bestanddele
1½ k fyngemaakte aarbeie
½ k verkrummelde vanielje Oreos
2 k vanielje joghurt
Metode
Versap aarbeie in voedselverwerker tot fyn. Voeg verkrummelde Oreos by joghurt en roer tot goed gemeng. Giet joghurt lagie in roomysvormpies en vries vir ongeveer 30 minute. Voeg nou die aarbei-lagie by en vries weer. Dan die laaste jogurt lagie. Vir ’n vinniger roomys, gooi die lagies bo-op mekaar sonder om dit tussenin te vries. Gebruik dan ’n vurk om ’n effense draai-effek te gee, en vries.

Bron: www.bakersroyale.com

8_2.jpg

8 Fluweel Mango met sitroentiemie

Bestanddele
3 groot, ryp mango’s
’n Knypie sout
Suiker, heuning of versoeter indien verkies
1 e suurlemoensap
1 e vars gerasperde suurlemoenskil
1 e vars sitroentiemie
Gebruik klappermelk of room saam met die mango as jy ’n romerige weergawe verkies.
Metode
Skil en sny die mango’s. Gooi in ’n voedselverwerker en meng tot glad. Indien jy so verkies, kan jy die verwerkte mango deur ’n sif gooi om vesels uit te haal. Voeg die suiker of versoeter, sout, suurlemoensap, skil en sitroentiemie by, en meng vir ’n paar minute totdat die suiker opgelos is. Giet mengsel in roomysvormpies, met stokkies, en vries oornag.

Bron: www.ecurry.com

 

 

DEEL
Vorige artikelOefen om depressie te oorbrug
Volgende artikelRolanda bieg: Botoks en haar rooitapyt geheime
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.