90. Wissel dit af

0
34
dieetwenke.jpg

Die volgende eenvoudige wenke sorg vir afwisseling in jou leefstyl.

Eet ’n kleurryke bord kos. Kies ’n verskeidenheid voedselsoorte uit die vyf voedselgroepe: vrugte, groente en peulgroente, proteïene, stysel en suiwel. Dit maak jou dieet volhoubaar en verskaf die nodige vitamiene en minerale.

Vul jou bord met proteïene. Proteïene is vullend en help om jou bloedsuikervlak te reguleer. Sorg dat jy proteïenryke voedsel by elke ete insluit, soos 100 ml jogurt (laevet of vetvry), 10 neute, 1 eetlepel 100% neutbotter, 30 gram maer biltong of 1½ eetlepel maaskaas.

Eet gesonde koolhidrate. Jy moet koolhidrate met ’n lae glukemiese indeks inneem. Dit help om jou aptyt te beheer en jou bloedsuiker- en insulienvlak stabiel te hou.

Drink genoeg water, veral voor etes. Sorg dat jy altyd ’n glas water byderhand het. Dié gewoonte voorkom dat jy ontwater en onnodig eet.

Moet nooit etes oorslaan nie. Jou liggaam gaan in ’n vastende toestand in as jy etes oorslaan en stoor dan ekstra energie in die vorm van vet. Dit kan lei tot gewigstoename eerder as gewigsverlies.

Gaan uit buite toe. Bring elke dag ongeveer 20 minute in die buitelug deur. Dit vermeerder die serotonien (’n senuweeoordragstof) in jou brein en laat jou goed voel. Beperkte blootstelling aan sonlig verminder die serotonien, wat tot terneergedruktheid en depressie kan lei.

Gebruik kleiner, kleurryke borde. Jy skep dan minder kos op jou bord, eet kleiner hoeveelhede en neem minder energie in.

Slaap genoeg. Te min slaap of versteurde slaap, byvoorbeeld as gevolg van slaap-apnee, is ’n belangrike risikofaktor vir vetsug, diabetes, verhoogde cholesterol en bloeddruk, en hartsiektes. Jy behoort sewe tot nege uur ’n nag te slaap.

DEEL
Vorige artikelNet Girls-bootreis 2018
Volgende artikel91. Kyk voor jy inskep
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.