93. Vier jou sukses

0
77
dieetwenke.jpg

As jy weet hoe kos en emosies met mekaar verband hou, is dit maklik om jouself te beloon sonder om die pad van gesonde voeding en gewigsverlies byster te raak.

Kyk na die lys hieronder vir idees om jouself te bederf as jy daardie doelwit bereik het wat jy vir jouself gestel het.

• Beloon jou fikser liggaam met ’n aktiwiteit wat jy nog altyd wou beoefen, soos om by ’n drafklub aan te sluit of buikdans te probeer!

• Bederf jouself met ’n nuwe kledingstuk om jou fisiese vordering te vier. Koop ’n kleiner belt of laat iemand meer gaatjies vir jou maak.

• Tap ’n lekker skuimbad of probeer ’n ander haarstyl om jou nuwe gesigsvorm te vlei. Dit beloon nie net jou liggaam nie, maar bevorder ook jou emosionele welstand.

• Soos die Engelse gesegde lui: A picture is worth a thousand words. Laat ’n stel professionele foto’s van jou neem.

• Of jy jouself as die volgende TV-baaskok beskou en of jy skaars ’n eier kan bak, ’n gesonde kookboek of kookklas is ’n moet.

• Bring nuwe lewe in jou huis in. Diegene met ’n groeihand kan ’n kruietuintjie begin en diereliefhebbers kan ’n nuwe familielid en stapmaat aanneem.

• Pak ’n nuwe stokperdjie aan. Met opsies soos inkleur, kunsklasse en dansklasse kan ’n mens nooit verveeld raak nie.

• Bederf jouself met ’n rustige naweek weg van jou besige program af. Maak tyd vir jouself.

• Skenk ’n donasie aan ’n organisasie wat jy wil ondersteun.

• Bederf jou ore met nuwe musiek.

• Koop ’n boek en lees dit.

Net soos een slaai nie sorg vir ’n gesonde leefstyl nie, net so kan een bederfie nou en dan nie ’n mens se dieet nutteloos maak nie. Wees genadig met jouself, stel realistiese doelwitte en hou aan om jouself op gesonde maniere uit te daag.

DEEL
Vorige artikel92. Vakansie sonder vetword
Volgende artikel14. Jou beperkings is wat jy gló
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.