Om maer te word, gaan nie net oor daardie nommer op die skaal nie.
Gewigsverlies mag aanvanklik jou mikpunt wees, maar deur die kweek van gesonde gewoontes kan jy met Nuwe Jy se 60 dae-uitdaging soveel méér bereik – maerder, gesonder én gelukkiger!
As ander vroue dit kan regkry, kan jy ook!
1.
Die EETPLAN help jou om gesonde eetgewoontes aan te leer, sodat jy op die lange duur ’n gesonde gewig kan handhaaf.
2.
Kry praktiese MAERWORD-WENKE by dieetkundiges en leer hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef.
3.
Gesondheidskenners en lewensafrigters help jou om gesonder te eet, jou selfbeeld te verbeter en fantasties te VOEL!
4.
Kry ’n oefenplan wat spiere bou en vet verbrand, met maklike OEFENVIDEO’S wat jy enige tyd en plek kan doen.
5.
’n Sielkundige help om ’n POSITIEWE GEMOED te skep en gewoontes te verander wat jou gewigsprobleem kan beïnvloed.
6.
Leer om anders oor jouself en die lewe te dink, en ontdek die GELOOFSKRAG wat jy nodig het om ’n nuwe begin te maak.
7.
Word deel van ’n geslote FACEBOOK-GROEP wat jou vrae beantwoord, wenke en resepte deel, en jou aanmoedig en ondersteun.
8.
Skakel weekliks in by ons inspirerende FACEBOOK LIVE-SESSIES, waar ons kenners waardevolle wenke en ondersteuning bied.
+
’n Uurlange VELSORG WERKSWINKEL in samewerking met Willa Krause Velsorg
Die dieetkundige Amanda
Kuit het ’n eetplan uitgewerk
wat vir elke vrou kan werk.
Kies elke dag kossoorte uit
die voedselkeuselys om
verskeidenheid in te werk.
Lees elke weeksdag
dieetkundiges se beste,
praktiese dieetwenke
én hoe om ingeligte
keuses te maak terwyl jy
jou leefstyl aanpas.
is jy vasgevang in
‘n eindelose siklus van
ooreet, kitsdiëte en
obsessiewe gedagtes oor
kos? Leer by kenners oor
voeding en hoe om gesonde
eetgewoontes te kweek.
Kenners, lewensafrigters
en motiveringsprekers
se motivering twee keer
per week help jou om
die regte besluite te neem
om gesond te leef.
Kry die fiksheidskenner Marijke Cilliers se verskillende oefenplanne met oefeninge wat vet verbrand. Dié maklike oefeninge in elke oefenvideo is sowat 15 minute lank.
Die sielkundige Catherine van Heerden se Dink jouself dun-video elke Maandag help jou om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem.
Liesel Krause-Wiid, bekende predikant, lei jou om jou geloof te verdiep, hoop te vind en die wilskrag te kry wat jy nodig het om nuut te begin.
Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. En skakel weekliks in vir inspirerende Facebook Live-sessies, aangebied deur kenners!
Jou inskrywing vir die 60 dae-uitdaging sluit ’n uurlange aanlyn Velsorg werkswinkel, in samewerking met Willa Krause Velsorg, in.
Elke jaar neem honderde vroue van regoor die land die stap om in te skryf vir die 60-dae-uitdaging.
Uit die groot aantal inskrywings word daar ’n aanvanklike kortlys van sestig vroue saamgestel.
Twintig van hulle word genooi vir ’n onderhoud, waar hulle die kans kry om hul stories te deel en hul drome te verduidelik.
Uiteindelik is dit ses vroue wat deurdring na die mees onvergeetlike oormaaksessie van hul lewens – die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram!
Dié 3 maande-program is spesifiek ontwerp om deur gewigsverlies, gesondheid, skoonheid én persoonlike groei vroue te help om mooi van binne én buite te wees!
Venessa Schoeman
Redakteur Voelgoed Media én aanbieder
van Facebook LIVE-sessies
Soos baie ander vroue, sukkel ek om my ideale gewig konstant te hou, en dit voel soms soos ’n eindelose stryd …
Ek bevind myself dikwels op ’n wipplank van ’n paar kilogram of wat oorgewig, wat nie net my fisiese gesondheid beïnvloed nie, maar ook my geestelike welstand. En dan voel ek ontevrede en soms selfbewus.
Ek nooi jou uit om saam met my deel te neem aan Nuwe Jy se opwindende 60 dae-uitdaging – vanaf 3 Februarie tot 3 April 2025!
Gedurende dié twee maande gaan ons elke dag sáám aanpak … mekaar ondersteun, ons vordering deel én ons suksesse vier, groot of klein.
Vanes-Mari du Toit
TV-persoonlikheid én ambassadeur
van die 60 dae-uitdaging
Dieetkundige
Fiksheidskenner
Sielkundige
Predikant
Facebook LIVE-aanbieder
Vervang 1 tot 2 maaltye per dag met ’n Proteïen dieetskommel.
Bou jou kollageenvlakke op met 100% suiwer Gehidroliseerde kollageen.
Laat sentimeters wegsmelt met warm óf koue Vetverbrandende koffie.
Skryf vóór 10 November in en betaal slegs R139, vóór 30 November R159, vóór 31 Desember R179, en vóór 30 Januarie R199
Vriendinne-aanbod – R299 vir twéé persone
Velsorg-werkswinkel in samewerking met Willa Krause Velsorg