’n Onvergeetlike ma-en-dogter-ervaring om antwoorde te kry op die vele uitdagings wat tieners in die gesig staar.
Liesel Krause-Wiid en ander topklas sprekers
Spesiale fotohokkie vir ma’s en dogters
Voelgoed Media en Biomedical Emporium se OULIKE MA-BEDERFDAG beloof om ’n onvergeetlike ma-en-dogter-ervaring te wees, waar ma’s saam met hulle tienerdogters antwoorde sal kry op die vele uitdagings wat tieners in die gesig staar.
Óf julle verhouding op ’n goeie plek is óf ’n bietjie werk nodig het, dié bederfdag is ontwerp om gesprekke te begin, vaardighede te leer, bande te versterk en jou dogter te inspireer om alles te word wat sy kan wees!
Jy weet nooit régtig hoe ander voel totdat jy jouself in hulle skoene plaas nie!
Dis hoekom ‘n bederfdag met die tema PLAAS JOUSELF IN HÁÁR SKOENE so wonderlik is. Ma’s en hulle dogters kan by topklassprekers nuwe wenke, vaardighede en roetines leer om ‘n werklik betekenisvolle ma-en-dogter-verhouding te hê.
Sprekers om na uit te sien, is Liesel Krause-Wiid, Chantal Struwig, Johanni Steenkamp, Daniëlla van Heerden en Serahni Symington.
Die meeste ma’s het honderde foto’s van hulle dogters, en almal is mal oor ‘n selfie. Kom neem ‘n foto in ons spesiale fotohokkie sodat julle later kan terugkyk op hierdie spesiale dag in julle lewe
Hoe moet ek as Christen in vandag se tye optree? Vroeër was dit makliker, daar was duidelike reëls en tradisies wat almal min of meer as die norm aanvaar het. Om vandag wyse besluite te neem by die skool, tussen vriende of op die sportveld, kan vir tieners ‘n uitdaging wees!
Speaker
Persepsies wat ’n mens oor jouself het, is soos ’n bril waardeur jy elke dag na die wêreld kyk. Dit is belangrik om jou uniekheid te omhels en die selfvertroue te ontwikkel wat nodig is om groot doelwitte te stel, jou drome te volg en jou volle potensiaal te bereik.
Atleet en sosialemediabeïnvloeder
Jy is mooi net soos jy is! Dit beteken egter nie dat ’n mens nie raad nodig het om op jou beste te lyk nie. Kom vind uit hoe om gesond te leef, aan te trek wat jou liggaamsvorm vlei en vol selfvertroue van binne én van buite te leef.
Voorkomskonsultant en eienaar van Girlschool Pretoria
Tegnologie is deel van die moderne samelewing en kinders word daarmee groot. Dat dit veral vir jonger kinders nadelig kan wees, is natuurlik waar. Wéét wat die gevare en nadele van sosiale media is, maar ook hoe tegnologie kan tot tieners se kennis en ontwikkeling bydra.
TV-nuusleser en joernalis
Die tienerjare is verwarrend en soms moeilik vir ’n ma en haar dogter. Dinge hoef egter nie ingewikkeld te wees nie en daar is baie maniere waarop julle ’n spesiale verhouding kan hê deur goeie kommunikasie, wedersydse respek en liefde.
Gekwalifiseerde berade