’n Unieke vertoning waar musiek, lofprysing en aanbidding saamgeweef word in ’n onvergeetlike geloofservaring – aangebied deur Voelgoed Media en Moreleta Kerk. PassieVol is een van die mees inspirerende Christelike produksies in Afrikaans tot op hede, én bring van ons land se top musiekkunstenaars saam vir één vertoning voor ’n gehoor van bykans 5 000 gaste.