Aardklop kunstenaars se dapper oomblikke

0
76
wynand_en_cheree.jpg

Wanneer adrenalien inskop. Dis nou of nooit. Daardie dapper oomblik wat jy altyd sal onthou.

Andriëtte Norman

andriette_norman_0.jpg“Ek was 12 toe ek met ʼn kanoe op die Kleinmond meer was, ʼn stroom het my see se kant toe gedruk. Alhoewel ek op daardie stadium ʼn WP lewensredder was, het ek geweet ek sou nie met die kanoe en spane teen die stroom kon baklei nie. Ek het uitgespring in die hoop dat ek die stroom kon uitswem, vir 3 minute het ek gesukkel totdat ek kon voel dat die stroom nie meer aan my trek nie. Ek moes swem totdat ʼn boot uiteindelik tot my redding gekom het. Dit is die dapperste ding wat ek al ooit gedoen het.”

Wynand Strydom

wynand_strydom.jpg“Die dapperste ding wat ek nog gedoen het, was om destyds toe ek nog skool gegee het en begin sing het, die keuse te maak om van loopbaan te verander. Ek het daardie tyd nog probeer om konserte in te werk met die besige skedule van ʼn skoolonderwyser. Dit het al hoe moeiliker geword. Ek het op ʼn dag besluit dat ek sal moet kies. Dit was ʼn moeilike keuse gewees maar vandag weet ek dit was die regte een!”

Cheree Strydom

cheree_strydom_0.jpg“Die dapperste ding wat ek nog ooit in my lewe gedoen het, was om my hart 100% vir Wynand te gee. Dit was ʼn moeilike tyd in ons persoonlike lewens, en toe met ons ontmoeting het die hele wêreld letterlik gestop. Ons het ons soul-mates ontmoet. Die dinge wat ons al deur moes bring om saam te kan wees was groot en is diep, ek persoonlik dink dit was die dapperste ding wat ek ooit in my lewe gedoen het, om my hart 100% vir Wynand daardie tyd te gegee het. Ek het so ook op 4 April 2010 die belofte gemaak om hom vir ewig lief te hê. Ons troudag was die mooiste dag van my hele lewe!”

Snotkop

snotkop.jpg“Die dapperste ding wat ek al ooit gedoen het, was om van ʼn berg af te spring met ʼn valskerm in Hermanus. Ek lei aan hoogtevrees en dit was iets wat ek wou doen op my verjaarsdag om oor my vrees te kom. Dit was vreesaanjaend en het ongelukkig my vrees vir hoogtes vererger eerder as wat dit gehelp het. Ek sal dit beslis nie weer doen nie. Ek het dit nou maar aanvaar.”