Advies vir ‘n jong entrepreneur

Alhoewel jong mense lewe met die idee dat hulle net een keer lewe en die meeste van elke dag moet maak, kan hulle vinnig die groter prentjie mis kyk, deur onverskuldig en roekeloos te lewe.

Jong gradueerdes moet gewoond raak aan die oorweldigende gevoel dat hulle skielik nou self verantwoordelikheid moet aanvaar om hulle eie potjie te krap.

Jong mense van vandag lewe in ‘n ander era as ons. Dis nie meer die ideal om 45 jaar slegs vir een maatskappy te werk nie. Dit laat my dink hoe kan ons hulle raad gee om suksesvolle loopbane te vestig. Die pad van ‘n entrepreneur kan maar baie alleen en eensaam wees. Ek onthou Oprah se raad nog soos gister toe ek net begin het as ‘n entrepreneur. Sy was verseker my grootste rolmodel en is selfs nogsteeds vandag. Ons as mentors moet hulle leer hoe om te fokus op die hier en nou. Leer hulle om stil te raak en hulself te vra wat die volgende regte stap gaan wees om nader aan die doel te kom om finansieel onafhanklik te word.

Om verward te voel is heel normaal, maar wat is die volgende regte stap waarvan Oprah praat. Ons sit so baie klem op die woord perfek. Wat is perfek. Dit wakker net onnodige vrees aan. Dis daai vrees wat ons lam lê om die volgende stap te vat, want ons twyfel die heeltyd wat as dit nie die regte besluit is nie. Oprah het nooit gesê maak die vogende perfekte besluit nie, maar die volgende regte keuse wat jou nader aan jou doel sal bring. Dit mag dalk nie oor ‘n jaar na die regte besluit lyk nie, maar tenminste beweeg jy vorentoe. Met die volgende keuse maak jy weer ‘n beter besluit. Ons moet leer dat enige iets oorgedoen kan word en ons kan van besluite verander.

In Engels is daar ‘n paar mooi insirasies waaroor ek gaande is:  “Even if we can’t make a brand new beginning, we can make a brand new ending”, ”The biggest adventure you can ever take is to live the life of your dreams” en “Breathe, let go, and remind yourself that this very moment is the only one you know you have for sure”

Jongmens bou vir jou ‘n toekoms sonder vrees en gaan lees gerus Jeremia 29.1 “Ek weet goed watter gedagtes Ek teenoor julle koester. Gedagtes van vrede en nie van rampspoedigheid nie, om julle ‘n toekoms van hoop te gee”.

Vorige artikelDie son skyn, ons moet swem!
Volgende artikelJana du Plessis – Nalatenskap?
Blogger - Reshané Viljoen
Professionele Modeontwerper, skilder en besigheidseienaar van Business Women Network. As vrou het ek ondervind dat die pad na sukses stresvol, tydsaam en soms alleen voel. Daarom is my grootste passie om ander vrouens te inspireer, te motiveer en te ondersteun. My besigheidsblad deel graag professionele raad, kennis en besigheidsondersteuning. Dit bied ook ‘n veilige platform aan vrouens om hulle aan te moedig om hulle volle potensiaal te bereik. Volg gerus my Facebook blad, Business Woman Networking Group of webtuiste www.businesswomannetworkgroup.co.za