Ag, my lewe is so vervelig …

453
van gewoon na uitsonderlik

Ons ken almal iemand wat ’n slegte werk het of in ’n slegte verhouding is, maar tog bly hulle. As hulle dit so haat, hoekom beweeg hulle nie aan nie? Daardie persoon kan net sowel jy wees.

Jou gedagtes kan so negatief word dat dit jou verlam en keer dat jy kan beweeg of enigiets doen om jou omstandighede te verander, al haat jy die plek waar jy jouself nou bevind. Jy het nie die nodige energie, moed of visie om jou situasie te verander nie.

In tehuise vir bejaardes sal jy meer vroue as mans aantref – hoekom? Omdat mans tradisioneel hulleself afsloof by die werk en droom van die dag wanneer hulle kan aftree. Hulle hele lewe is gefokus daarop om op te hou, en wanneer hulle toekomsdoel nie meer daar is nie, is dit presies wat hulle doen – hulle hou letterlik op lewe.

Het jy ’n tekort aan trekkrag? Bel die ambulans! Kom ons kry ’n rolstoel, krukke en drafskoene om jou te help om van hierdie verlammende gedagtes ontslae te raak.

Wat trek jou die toekoms in? Skep ’n opwindende nuwe toekoms vir jouself. Maak ’n lys van dinge wat jy nog wil doen. Dit kan klein goedjies wees, of dit kan waaghalsig wees! Skryf ’n sperdatum langs elkeen neer.

Onthou, ’n doel is net ’n droom met ’n sperdatum!

Kliek hier vir meer artikels deur Kobus.

Hoe om te wen in besigheid Van gewoon na uitsonderlik

In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan.

R159 R199