Is dit jou heel eerste keer op ’n MSC bootreis?

Kliek op www.msccruises.co.za om direk op MSC se webtuiste meer inligting te kry en te sien wat om te verwag. Of jy kan MSC se FQA pdf-dokument aflaai.

ANDER ALGEMENE NAVRAE:

Will this be your first MSC cruise?

Click on www.msccruises.co.za to go directly to the MSC website for more information and get an idea of what to expect. Or you can download MSC’s FQA document.

OTHER FREQUENTLY ASKED QUESTIONS:
  1. Reiskaartjie/e-ticket en vertrekvorm/Embarkation form van MSC af: Word per e-pos aan jou gestuur, op die laatste ongeveer 21 dae voor die reis begin. Jy moet die vorms uitdruk en saamvat vir wanneer jy op die skip klim. Al gaan jy in ’n groep, benodig elke persoon hulle eie reiskaartjie en vertrekvorm. As jy dit nie ontvang het nie, bel MSC net hulle kan dit vir jou stuur.
  2. Paspoort: Sonder jou paspoort kan jy nie op die skip klim nie. Alle passasiers (kinders en babas ingesluit) benodig ’n paspoort wat ses maande na die vertrekdatum geldig is (plus drie oop bladsye het vir doeane stempels) vir immigrasie by die hawe – al klim jy nie af by die eiland nie benodig jy steeds ’n geldige paspoort. GEEN AFSKRIFTE WORD TOEGELAAT NIE.
  3. Jy kan jou ID saamneem vir ingeval, maar dit is nie verpligtend nie.

Die koste beloop vanaf R6 710 per persoon – hoe vroeër jy bespreek hoe goedkoper.

Ingesluit by die prys is:

  • Verblyf in die kajuit wat jy bespreek het
  • Alle etes
  • Alle vermaak en aktiwiteite op die skip (buiten dobbel, natuurlik 😊)
  • Toegang tot die gimnasium
  • Toegang tot die #NetMATRIEKS vertonings
  • Die bootrit na Pomene
  • Die FINESSE geskenksak met T-hemp
  • Hawebelasting en versekering

Uitgesluit is:

  • Alle drankies op die skip/drankpakkette
  • Vervoer van en na die hawe in Durban
  • Inkopies op die skip, haarsalon en spa-behandelings
  • Uitstappies op die eiland

a) Waar bespreek ek? Kontak MSC direk by die volgende telefoonnommer:

087 630 0333, gedurende kantoorure [08:00 tot 17:00 weeksdae] maar op Donderdae vanaf 09:30.

Of, makliker – bespreek enige tyd van die dag of nag op hul webwerf. Kliek net op:

#NetMATRIEKS – https://www.msccruises.co.za/Booking?CruiseID=OR20191202DURDUR&Type=CROL&PriceCode=ZAOR06EB09MNC#/category/0

#NetGIRLS  https://voelgoed.co.za/netgirls-2020/

Vir meer inligting oor die bootreis en vermaak kyk op die #NetMatrieks en Finesse Instagram- en Facebook- bladsye of besoek www.voelgoed.co.za

b) Watter inligting is nodig om die bespreking te maak?

Elkeen in die kajuit se naam en van soos dit op hul ID verskyn asook elkeen se ID-nommer. Die res van die inligting soos paspoortnommer word later voltooi.

c) Hoe betaal ek die bespreking?

Met ’n kredietkaart of kontak MSC by die nommer op hulle webwerf.

d) Hoeveel mense kan in ’n kajuit bly en hoe werk die deposito dan?

Jy kan alleen in ’n kajuit bly, wat duurder is. Of julle kan 2, 3 of 4 mense wees wat ’n kajuit deel – afhangende van die tipe kajuit wat julle kies. Die R3 000 deposito is per kajuit, dus kan julle die bedrag deur die aantal mense in die kajuit deel wanneer julle die bespreking maak. Die deposito sal dan van die totale bedrag afgetrek word.

e) Wanneer moet die R3 000 deposito/volle bedrag betaal word?

Ná die bespreking moet die R3 000- deposito binne 70 uur betaal word en die uitstaande bedrag vir almal in die kajuit moet 70 tot 85 dae voor die boot vertrek, betaal word anders verloor jy jou kajuit.

Daar is ’n opsie op die MSC webwerf se besprekingsbladsy waar jy kan aandui of jy die volle bedrag of net die deposito wil betaal.

f) Hoe bespreek ek as ek van Namibië af kom?

Presies soos enige ander persoon. Namibië is deel van die SADC agreement so geen Visa word benodig vir Nambiërs nie – as jy steeds onseker is kontak die immigrasie kantoor of Binnelandse sake.

Jy moet op een slag vir almal van julle in die kajuit bespreek sodat almal saam in ’n kajuit kan wees. Groepe moet ook vir MSC sê indien hulle by dieselfde sitting wil eet en indien hulle kajuite in dieselfde area toegeken moet word.

a) Jou bagasie-tag is ook aangeheg by jou pdf vorms wat MSC e-pos (As jy dit nie ontvang het nie, kontak MSC net hulle kan dit stuur). Druk dit uit en heg aan jou tas vas – merk al jou bagasie baie duidelik.

b) Hoeveel bagasie mag ek saamneem? Een rugsak of handbagasiesak en een reistas.

c) Maak seker dat daar geen breekbare items in jou bagasie is nie.

Dit kos R120 per nag om by die N-shed Passenger Terminal te parkeer, op eie risiko en dit werk op ’n “first come first served” basis. Vind meer uit by MSC self.

a) Geen eie kos, lekkers, tjips of drank word toegelaat nie.

b) Geen messe of vuurwapens.

c) Die personeel mag jou bagasie deursoek en onveilige items konfiskeer soos knipmesse, skroewe en vlambare vloeistowwe.

d) Jy mag nie hookah/hubbly saamneem nie en jy mag sigarette slegs by gemerkte rookareas rook.

a) Om in te pak: swemklere, ’n hoed, sonroom, ’n kamera, nodige medikasie en gemaklike skoene

b) Om aan te trek: klere volgens die temas, gemaklike klere vir warm weer en iets warms vir die aande. Alle aandetes is semiformele drag, en gewoonlik is daar ’n Captain’s Dinner, waar jy formeel kan aantrek maar dit hang af van MSC se program.

a) Hou jou medikasie en waardevolle items by jou of in jou handbagasie wanneer jy aan boord gaan.

b) Seesiek: Drink pille soos Stugeron/Travelrite of Avomine. Begin met die medikasie ’n dag voor jy vertrek. Volg daarna die aanwysings op die voubiljet. Dit is egter belangrik om seker te maak die medikasie is reeds in jou bloedstroom voor jy op die skip klim. As jy op die skip sleg voel, kan jy die mediese personeel nader. Moenie in jou kajuit bly as jy naar voel nie; gaan na die dek toe waar daar baie vars lug is en jy die horison kan sien.

c) Doen navrae by jou mediese fonds oor dekking indien iets sou gebeur.

a) Buiten die geldige paspoort moet ’n volledige, geldige geboortesertifikaat (unabridged birth certificate – GEEN AFSKRIFTE OF GEWAARMERKTE AFSKRIFTE IS AANVAARBAAR NIE) van die kind voorsien word wat beide ouers se besonderhede bevat. Indien net een ouer saam reis, moet ’n toestemmingsbrief van die ander ouer in die vorm van ’n toesigooreenkoms as byvoegsel saamgeneem word, wat toestemming gee dat die kind mag saam reis.

b) Kontak MSC indien jy nie die vorms ontvang nie. MSC sal die brief aanstuur wat die ouers moet invul en onderteken om saam te neem. Indien voogde saam met die kind reis, moet ’n toestemmingsbrief van die ouers as byvoegsel saamgeneem word wat toestemming gee dat die kind mag reis. MSC sal ook ’n vrywaringsvorm (indemnity form) stuur, wat deur die ouers geteken moet word en saamgeneem moet word.

a) Jy kan heeltyd eet soveel as wat jy wil, behalwe by die spesialiteitsrestaurante soos die sushi-restaurant.

b) Ontbyt: Buffetontbyt in die restaurante met ’n groot verskeidenheid opsies, koffie, tee, water ingesluit, asook op die dek.

c) Middagete: Buffetopsies in die restaurante, asook pizza of burgers op die dek. Koffie, tee, water ingesluit.

d) Aandete: Daar is twee sittings vir aandete. Met bespreking moet elke passasier hulle voorkeuropsie gee vir die sitting wanneer hulle wil eet, maar MSC sal die finale tyd en restaurant aanwys. Die eerste sitting om 18:00 en die tweede sitting om 20:00. MSC sal die restaurant en tye aangee, en probeer om groepe saam te plaas. Jy kan ook ’n informele buffetaandete in die ontbytsaal geniet. Daar is ook ’n middernagbuffet.

Jy benodig geen beskerming teen malaria vir Mosambiek nie. Suid-Afrikaanse paspoorthouers benodig ook nie visums nie. Die volgende paspoorthouers se visums is gratis: Angola, Botswana, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Namibië, Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Buitelandse paspoorthouers sal ’n visum moet kry en die koste is ongeveer US $25. Dit kan aan boord verkry word en hoef nie vooraf gereël te word nie.

a) Wat is ’n cruise card? Elkeen wat aan boord gaan, kry ’n kaart wat lyk soos ’n kredietkaart met jou naam, van en kajuitnommer op. Dit is jou ID-dokument op die skip, dis jou kajuitsleutel en jy kan geld daarop laai om drankies of geskenke op die skip te koop (omdat die skip met ’n kontantlose proses werk). Hou dit altyd by jou en pas dit mooi op!

b) Hoe sit ek geld op my cruise card en wanneer?

Daar is drie maniere om geld op jou cruise card te sit:

Neem kontant saam en gaan na die MSC finansiestoonbank om dit op te laai

Neem jou debietkaart saam en laai geld op jou cruise card daarmee by die finansiestoonbank.

Koppel jou kredietkaart aan jou cruise card by een van die outomate/masjiene op die skip. Sodoende word jou aankope outomaties teen jou kredietkaart verhaal. Dit is moontlik om ekstra geld op jou cruise card te laai tydens die bootreis indien dit nodig is.

Onthou, MSC handel in Amerikaanse dollars op die skip. So, elke prys wat jy sien, is in dollar en moet met 14 of 15 vermenigvuldig word om by Suid-Afrikaanse rand uit te kom. MSC doen self die dollar-na-rand-omskakelings.

c) Wat is die minimum bedrag wat op my cruise card gelaai kan word? Die bedrag is R1000.

d) Hoe kry ek die geld op my cruise card terug indien ek dit nie gebruik het nie? Jy moet dit terugkry by die finansiestoonbank op die laaste dag van die bootreis.

e) Aankope aan boord en op die eiland: Jy kan aankope maak by die winkels vir parfuum, sonbrille, horlosies, lekkergoed en klere of by die spesialiteitsrestaurante of kroeë. Hou geld uit om op die eiland iets te koop in SA rand/kontant, jy kan steeds jou drank pakkette op die eiland gebruik

a) Van waar af vertrek die boot en waar gooi hy weer anker?

Durban-hawe, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

b) Hoe laat moet ons op die hawe wees om aan boord te gaan?

Die meeste mense begin vanaf 07:30 in die ry by die hawe staan. Almal MOET egter voor 12:00 op die hawe wees, aangesien doeane net tot 13:00 oop is en die skip kort daarna vertrek! Normaalweg gaan ons vanaf 10:00 aan boord, maar dit is onderhewig aan hoe lank dit neem om die vorige skip se passasiers van die skip af te kry.

c) Hoe laat klim ons die laaste dag van die skip af?

Vanaf 08:00 die oggend, so maak seker jou vlug en shuttle na die lughawe kom eers later sodat jy nie jou vlug verpas nie.

d) Hoe werk die rit na die eiland toe?

Passasiers word in kleiner bootjies vervoer na die eiland van ongeveer 08:00 af en 12:00 begin die bootjies weer mense terugneem skip toe. Dit is opsioneel om af te klim.

e) Waar klim ons af, by watter eiland en by hoeveel eilande?

#NetMATRIEKS: Een eiland, Pomene.

#NetGIRLS: Een eiland, Portugese Eiland.

f) Watter onkoste is daar op die eiland?

Jy koop drankies met die kaartjies van jou drankpakket of op jou cruise card en die kos is gratis. As jy aandenkings, soos byvoorbeeld yskasmagnete wil koop, betaal jy met Suid-Afrikaanse rand.

g) Watter geldeenheid gebruik jy op die eiland?

Suid-Afrikaanse rand.

h) Hoe werk die uitstappies op die eiland?

Jy bespreek dit vooraf op MSC se webblad of jy kan dit op die boot by Ontvangs bespreek en betaal.

i) Wat kan jy saamvat na die eiland toe?

’n Snorkel en duikbril om in die vlak water te snorkel en ’n opblaas-tube om op te dryf in die see. Onthou jou plakkies – die sand is baie warm – en jou sonhoed!

j) Wat gebeur as die skip nie by die eiland kan stop nie?

Alle aktiwiteite hang af van die weersomstandighede, en MSC stel altyd die passasiers se veiligheid eerste. Indien dit sou gebeur dat ons nie kan afklim op die eiland nie, sal daar alternatiewe aktiwiteite op die skip aangebied word, wat net so lekker is!

Ja, daar is busse wat uurliks van en na die hawe ry, jy moet dit bespreek by MSC. Die pendelopsie (shuttle) kos ongeveer R150 een rigting. Maak seker van jou vlugtye, sodat jy nie wag vir ’n shuttle en jou vlug verpas nie. Jy moet op die laatste 12:00 by die hawe wees.

a) Waar koop ’n mens die drankpakkette en hoe werk die pakkette?

Drankpakkette betaal jy apart op msccruises.co.za by MANAGE YOUR BOOKING, sodra jou bootreiskaartjie aan jou uitgereik is. As jy dit aanlyn wil koop, moet jy dit doen ’n week voor die skip vertrek. Andersins kan jy dit ook aan boord koop. Dit is egter ’n bietjie goedkoper as jy dit aanlyn koop. Jy koop ’n pakket aanlyn en dan kry jy ’n voucher saam met jou bootreiskaartjie, e-ticket (wat jy uitdruk), wat aandui watter pakket jy gekoop het, byvoorbeeld 18 kaartjies wat alle drankies insluit. Op die skip sal jy dan na een van die sitkamers verwys word, waar jy jou boekie met kaartjies gaan haal (dit is die sisteem wat MSC gebruik). In ruil vir ’n kaartjie op die skip kry jy dan ʼn drankie.

Daar is verskillende tipes pakkette, soos ’n net-koeldrank-en-roomys-pakket, ’n net-koffie-tee-en-warm-drankies-pakket, ’n alles insluitende pakket waarmee jy cocktails, wyn, koeldrank, water, roomys en koffie kan koop. Kyk op MSC se webtuiste vir die opsies.

Kliek hier: https://www.msccruises.co.za/on-board/dining-and-drinks/drinks-packages

b) Aantal pakkette wat ek op ʼn slag kan koop?

Jy kan net 1 pakket op ʼn slag koop, dan moet jy “uitlog” en weer van voor af ingaan en koop. Jou kajuit nommer word net aan die pakket gekoppel maar as jy betaal het vir die pakket is dit joune, nie jou kamermaats sin nie.

c) Is daar ’n manier om te bespreek waarby drankpakkette ingesluit is?

Daar is ongelukkig nie so ’n opsie nie.

d) Watter bewyse moet ons saamvat as ons die drankpakkette oor die internet gekoop het en waar kry ons die drankpakkette dan?

’n Bevestigende e-pos wat aan jou gestuur word. Jy kry die pakkette of in jou kajuit of jy gaan haal dit by ʼn sekere plek op die boot.

e) Wanneer sluit die aankope vir aanlyn drankpakkette en kan ’n mens op die boot nog drankpakkette koop?

Dit sluit ongeveer sewe dae voor die boot vertrek en jy kan op die boot op die eerste dag nog drankpakkette koop. Onthou, jy kan ook geld op jou kaart laai en so vir drankies betaal.

f) Met watter geldeenheid koop ons drankpakkette op die boot?

Dollar of kontant. MSC skakel self alles om tussen hierdie twee eenhede. Of jy laai geld op jou cruise card en koop so drankies.

a) Daar is verskillende pakkette te koop – kyk op MSC se webblad vir die opsies of koop sommer op die boot. Dis baie maklik om dit te koop, jy kan net die nommer op jou cruise card vir Wi-Fi aktiveer.

b) LAAI DIE PDF AF

a) Hoe lyk die kragproppe?

In die nuusbrief sal ’n foto aangeheg word, maar die skip gebruik beide 110 V en 120 V. Die kragpunte is Amerikaanse (110 V) en Europese ronde tweepunt (220 V) kragpunte – gewone ronde dubbelpuntproppe. Die Suid-Afrikaanse driepuntprop sal ’n Europese tweepunt ronde passtuk (adapter) benodig. As jy bespreek het en nie die nuusbriewe ontvang nie, laat weet vir Chanté of Danelle by chante@finessemag.co.za of danelle@carpediem.co.za

b) Keuse van twee enkelbeddens of een dubbelbed kan met bespreking gemaak word.

c) Alle kajuite het ’n haardroër, handdoeke, sowel as swemhanddoeke. Daar is ook lugverkoeling, ’n badkamer met toilet en stort, TV, telefoon, WiFi internetkonneksie (teen ’n fooi), minikroeg (teen ’n fooi), en ’n kluis. Die haardroërs is redelik flou, so, as jy ’n dik bos hare het, is dit beter om jou eie saam te neem. Jy kan jou krultang saambring. In die nuusbrief sal ’n foto van die kragprop aangeheg word.

Jy kies dit wanneer jy op MSC se webtuiste die bespreking maak. Om te bevestig of jy wel die FINESSE pakket het of die entertainment fee betaal het, skakel MSC of stuur ’n e‑pos aan Danelle by danelle@carpediem.co.za.

a) Daar is elke aand vertonings in die teater. As jy die eerste sessie aandete eet, kyk jy die laat teatervertoning en as jy die tweede sessie aandete eet, kyk jy die eerste teatervertoning – die teatersessies is identies. Kyk ook na die #NetMATRIEKS-program om te weet wanneer wat gebeur. Die program sal saam met die nuusbriewe gestuur word en sal in die hysbakke opgesit word.

b) Die program is propvol aktiwiteite, kompetisies, sokkies, danse en saam kuier!

c) Laat weet vir Chanté of Danelle by chante@finessemag.co.za of danelle@carpediem.co.za indien jy klaar bespreek het en nie die nuusbriewe ontvang nie.

d) MSC sit ook elke aand die volgende dag se program in elke kajuit.

Jy kry ʼn T-hemp en borge se persente in jou geskenksak. Ook die program van die week en ʼn waterproof sakkie om jou noodsaaklikhede in te bêre.

a) Dekplan – LAAI DIE PDF AF

b) Kliek hier om te sien: https://bit.ly/2qhmMKO

c) By die ontvangs op die skip kan jy ook ’n kaart kry, en by elke hysbak is daar ook een op. In die nuusbriewe/program sal ons ook ’n aanduiding gee van wat op die verskillende vlakke te vinde is.

a) MSC hanteer die kansellasies, skakel hulle direk.

b) Om die kaartjies se besonderhede later te verander, byvoorbeeld as ’n ekstra persoon in die kajuit wil bly, as die naam of adres verander van ʼn persoon OF as jou naam verkeerd is op die e-ticket – skakel MSC direk.

a) Ticket/e-ticket and embarkation form from MSC: These will be emailed to you, at the latest 21 days before departure. You must print the forms and have them with you when you board the ship. Members of a group each need to have their own ticket and embarkation form. If you did not receive these documents, call MSC only they can send it to you.

b) Passport: You will not be allowed to board the ship if you do not have a passport. All passengers (including children and babies) need a passport valid for six months after the date of departure (plus three blank pages for Customs stamps) for Immigration at the harbour. Even if you do not disembark at the island you still need a valid passport. NO PHOTOCOPIES ARE NOT ACCEPTED.

c) You may take your ID along just in case, but it is not a requirement.

Prices begin at R6 710 per person – the earlier you book, the cheaper the price.

Included in the price:

  • Accommodation in the cabin you have booked
  • All meals
  • All entertainment and activities on the ship (except gambling, of course 😊)
  • Access to the gymnasium
  • Entrance to the #NetMATRIEKS shows
  • Boat trip to Pomene
  • FINESSE gift bag with T-shirt
  • Port charges and insurance

Excluded:

  • All drinks on the ship/drink packages
  • Transfer to and from the port in Durban
  • Purchases made on the ship, hair salon and spa treatments
  • Excursions on the island

a) Where do I book? Contact MSC direct at the following telephone number: 087 630 0333, during office hours [08:00 to 17:00 weekdays], but from 09:30 on Thursdays.

Or, easier – book at any time day or night on their website. Click on:

#NetMATRIEKS – https://www.msccruises.co.za/Booking?CruiseID=OR20191202DURDUR&Type=CROL&PriceCode=ZAOR06EB09MNC#/category/0

#NetGIRLS – https://voelgoed.co.za/netgirls-2020/

For more information regarding the cruise and entertainment, take a look at the

#NetMatrieks and Finesse Instagram and Facebook pages or visit www.voelgoed.co.za

b) What information is required to make the booking?

The name, surname and identity number of each occupant of the cabin as shown in their ID.

The rest of the information, such as passport number, will be completed at a later stage.

c) How do I pay for the booking?

By credit card or contact MSC at the number on their website.

d) How many passengers may occupy a cabin and how is the deposit calculated?

You may have a cabin to yourself, which is more expensive. Or 2, 3 or 4 persons may share a cabin, depending on the type of cabin you choose. The deposit of R3 000 applies to the cabin, therefore you may divide the amount by the number of occupants when you make the booking. The deposit will then be deducted from the total amount.

e) When must the deposit/full amount of R3 000 be paid?

The R3 000 deposit must be paid within 70 hours after making the booking. The balance due by all occupants of the cabin must be paid 72 to 85 days before the ship departs otherwise you will lose your cabin.

On the MSC booking page you can indicate whether you are paying the full amount or only the deposit.

f) How do I book when I live in Namibia?

The same way everybody else does. Namibia is part of the SADC agreement so no Visas are required for Namibian passport holders – if they are unsure about anything best would be to contact Immigration / Home Affairs.

You must book for the entire group that will be sharing the cabin at one and the same time. Groups must inform MSC if they wish to have dinner at the same sitting and if they would like cabins in the same area.

a) Your luggage tag is included with the pdf forms that MSC will email you (If you didn’t receive it you must contact MSC, only they can send it). Print and attach it to your suitcase. Clearly mark all your luggage.

b) How many bags may I take along?

One backpack or carry-on bag and one suitcase.

c) Make sure not to pack fragile items in your luggage.

Parking at the N-shed Passenger Terminal is available at R120 a night, at your own risk, on a first come first served basis. For more information contact MSC.

a) No own food, sweets, chips or drinks are allowed to be taken on board.

b) No knives or firearms.

c) Staff may search your luggage and confiscate unsafe items like pocketknives, screws and flammable liquids.

d) You may not take hookah/hubbly You may smoke cigarettes only in the designated smoking areas.

a) To pack: bathing suits, a hat, sunscreen, a camera, necessary medication and comfortable shoes.

b) To wear: clothes to suit the themes, comfortable clothes for hot weather and a warm cover-up for cool evenings. Dinner attire is semiformal, and there is usually a Captain’s Dinner, for which you may dress up in smart casual clothes, but it depends on the MSC’s programme.

a) Keep your medication and valuable items on your person or in your carry-on bag when embarking.

b) Seasickness: Begin taking medication such as Stugeron/Travelrite or Avomine. Start the medication on the day before departure and then follow instructions in the package insert. It is important to make sure that the medicine is already in your bloodstream when you embark. Approach the medical staff on board if you feel unwell. Do not stay in the cabin if you feel sick. Go out onto the deck into the fresh air and where you can see the horizon.

c) Ask your medical aid about coverage should something happen.

a) Apart from a valid passport the child must have a valid, unabridged birth certificate (NO PHOTOCOPIES OR CERTIFIED COPIES ARE ACCEPTABLE) that shows the particulars of both parents. If only one parent will accompany the child, a letter of consent from the other parent must be taken along as an annexure, in the form of custody agreement, giving permission that the child may go on the trip.

b) Contact MSC if you didn’t receive the forms. MSC will forward the letter that the parents must complete and sign to take along. If a guardian or guardians will accompany the child, a letter of consent from the parents must be attached as an annexure, stating that permission is given for the child to go on the trip. MSC will also forward an indemnity form, which must be signed by the parents and taken along on the trip.

a) You may eat as much as you like all through the day, except at specialist restaurants like the sushi restaurant.

b) Breakfast: Buffet breakfast in the restaurants with a wide variety of options, coffee, tea, water included, as well as on the deck.

c) Lunch: Buffet options in the restaurants, as well as pizza or burgers on the deck. Coffee, tea, water included.

d) Dinner: There are two sittings. When booking, passengers must indicate their preferred sitting, but MSC will assign the final time and restaurant. The first sitting begins at 18:00 and the second at 20:00. MSC will try to place groups together. You may also enjoy an informal buffet dinner in the breakfast room. There is also a midnight buffet.

You do not need any protection from malaria in Mozambique. South African passport holders do not require visas either. The following passport holders may obtain free visas: Angola, Botswana, Lesotho, Madagascar, Malawi, Mauritius, Namibia, Seychelles, South Africa, Swaziland, Tanzania, Zambia and Zimbabwe. Foreign passport holders must obtain a visa at a cost of about US $25. The visa can be obtained on board and need not be arranged beforehand.

a) What is a cruise card? When embarking each passenger will receive a card resembling a credit card, showing your name, surname and cabin number. This card is your ID document on the ship and your cabin key. You can load money onto it to pay for drinks and gifts purchased on board (the ship does not take cash payments). Keep the card on you all the time and take good care of it!

b) How do I transfer funds to my cruise card and when?

There are three ways to do this:

Take cash with you and go to the MSC finances counter to have it uploaded.

Take your debit card with you and use it to transfer funds to your cruise card at the finances counter.

Link your credit card to your cruise card at one of the automatic machines on board. Your purchases will be charged automatically to your credit card. It is possible to transfer extra funds to you cruise card during the cruise if necessary.

Remember, MSC use American dollar as currency on the ship. All prices displayed are in dollar and must be multiplied by 14 or 15 to determine the value in South African rand. MSC do the conversion of dollar to rand.

c) What is die minimum amount that may be transferred to my cruise card?

The amount is R1000.

d) How do I recover unused funds on my cruise card?

Go to the finances counter on the last day of the cruise.

e) Purchases on board and on the island

You may make purchases at the shops for perfume, sunglasses, watches, sweets and clothes, as well as at speciality restaurants or bars. Keep money to buy things in SA cash on the island you can still use your drink vouchers on the island.

a) Where does the boat depart from and where does it return to?

Durban harbour, KwaZulu-Natal, South Africa.

b) At what time does one have to be at the harbour to embark?

Most people begin queuing at the harbour from 07:30. However, ALL passengers must be at the harbour before 12:00, since Customs close at 13:00 and the ship leaves shortly afterwards. We normally embark from 10:00, but it depends on how long it takes to disembark the passengers of the previous trip.

c) At what time do we disembark on the last day?

From 08:00. Allow sufficient time between disembarkation and the time the shuttle to the airport will pick you up so that you won’t miss your flight.

d) The trip to the island

Passengers are transferred to the island in smaller boats from 08:00. The return trips begin at 12:00. Going ashore at the island is optional.

e) Where do we go ashore?

#NetMATRIEKS: One island, Pomene.

#NetGIRLS One island, Portuguese Island.

f) What expenses are there on the island?

You buy drinks using the tickets of your drinks package or funds on your cruise card. The food is free of charge. Should you buy souvenirs, like fridge magnets, you will pay in South African rand.

g) What currency is used on the Island?

South African rand

h) Excursions to the island

Book for excursions beforehand on the MSC website or book and pay on the ship at the Reception desk.

i) What you can take along the island

Snorkelling and diving goggles to enjoy yourself in the shallow water and an inflatable tube to float in the sea. Remember your flip-flops – the sand is hot – and your sun hat!

j) What happens if the ship cannot stop at the island?

All activities depend on the weather conditions. MSC always put the safety of their passengers first. Should it happen that passengers are not allowed to go ashore, alternative activities will be presented on board, which are just as much fun!

Buses between the airport and the harbour leave every hour on the hour; book with MSC. The shuttle tariff is about R150 one-way. Make sure of your flight times so that you will not miss your flight while waiting for the shuttle. You must arrive at the harbour not later than 12:00.

a) How to purchase and use the drinks packages

You pay separately for the drinks package at www.msccruises.co.za, MANAGE YOUR BOOKING, as soon as your cruise ticket is issued to you. If you want to buy online, you must do so a week before departure. Or you may buy it on board; however, online purchases are slightly cheaper. When you buy a package online you will receive a voucher with your cruise ticket, e-ticket (which you must print), showing the package you have bought, for example 18 tickets that will include all drinks. On the ship you will be shown to one of the lounges, where you may collect your booklet with tickets (this is the system MSC uses). You will then receive a drink in exchange for a ticket.

There are different drinks packages, such a package for only cool drinks and ice cream; a package for only coffee, tea and hot beverages, an all-inclusive package for cocktails, wine, cool drinks, water, ice cream and coffee. See all options on the MSC website.

Click here: https://www.msccruises.co.za/on-board/dining-and-drinks/drinks-packages

b) Amount of packages I can buy?

You can only buy one voucher pack and then you must log out and log in to buy another one. Your cabin number is connected to the voucher pack, it doesn’t mean it is the whole cabins voucher pack – if you paid for it it’s yours.

c) Is there a way to make a booking that includes the drinks package?

Unfortunately, not.

d) What documentary proof do I have to take along when I bought the drinks package online and where do I fetch the package?

Take along the confirming email that was sent to you. The package will be in your cabin or you may fetch it at a certain place on the ship.

e) When do purchases of online drinks packages close and can one buy more drinks packages on board?

Purchases of drinks packages close seven days before departure. You can also buy drinks packages on the first day at sea. You can also transfer funds to you card to pay for drinks.

f) What currency is used to purchase drinks packages on the ship?

Dollars or cash. MSC do the conversion between currencies. You can also transfer funds to your cruise card to pay for drinks.

a) Go to the MSC website to see the different options. You can also buy one on board. It is easy to buy. You can activate the number for Wi-Fi on your cruise card.

DOWNLOAD THE PDF

a) What do the wall sockets look like?

A photo will be shown in the newsletter, but the ship uses both 110 V and 120 V. The power sockets are American (110 V) and European round two-pin (220 V) – ordinary round double pin plugs. The South African three-pin plug will require a two-pin round adapter. If you have booked and have not received any newsletters please contact Chanté or Danelle at chante@finessemag.co.za of danelle@carpediem.co.za

b) Choose between two single beds or one double bed when booking.

c) All cabins are equipped with a hairdryer, towels, swimming towels, air conditioning, bathroom with toilet and shower, TV, telephone, Wi-Fi internet connection (at a fee), mini-bar (at a fee) and a safe. If you have thick hair, you may perhaps need to take your own strong hairdryer. You may take your curling iron along. The newsletter will show a photograph of the wall socket.

You select this when you make your booking on the MSC website. To confirm that you do indeed have the FINESSE package or have paid the entertainment fee, call MSC or email Danelle at danelle@carpediem.co.za.

a) There is a show in the theatre every night. If you have dinner at the first sitting, you will attend the late show; if you have dinner at the second sitting, you will attend the first show. The two shows are identical. Also consult the FINESSE programme for details about activities and shows. The programme will be included with the newsletters and will also be displayed in the lifts on board.

b) The program is full of activities, competitions, sokkies, dancing and having fun!

c) Let Chanté or Danelle know (chante@finessemag.co.za, danelle@carpediem.co.za) if you don’t receive the newsletters.

d) MSC also places the next day’s programme in each cabin the night before.

You will get a T-shirt and sponsor gift in the gift pack. You will also get the programme and a waterproof bag to keep your belongings in

a) Deck plan – DOWNLOAD THE PDF.

b) Click here to see: https://bit.ly/2qhmMKO

c) You may obtain a map of the ship at the Reception desk on board. Maps are also displayed at the lifts. Our newsletters/program will provide information regarding the different levels.

a) MSC deal with cancellations. Contact them direct.

b) To change the details on the ticket, for example when an extra person will occupy the cabin, or a change of name and address of a passenger OR when your name is incorrect on the e-ticket – contact MSC direct.