Alle mense se lewens is kosbaar

mense.jpg

94 Geestelik gestremdes het in die afgelope tyd in meestal ongelisensieerde inrigtings gesterf. Die ergste van alles is dat hulle glo gesterf het van honger, dors en koue.

94 Geestelik gestremdes het in die afgelope tyd in meestal ongelisensieerde inrigtings gesterf. Die ergste van alles is dat hulle glo gesterf het van honger, dors en koue.

En dan lees ek in die koerant dat Qedani Mahlangu, voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, verlede jaar daarna verwys het as “klein foutjies in die stelsel.” Ek het ook nog nie gehoor dat ons president iets hieroor sê nie. Dit is verder heel moontlik dat die getal sterftes ook veel hoër is as 94.

Hoekom lyk dit of die sterftes van bykans ʼn honderd geestelik gestremdes so maklik “aanvaar” word. Vergeet ons dat een en elke mens ewe veel waarde het. Die Skrif sê: “Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle” (1 Kor. 3:16-17).

Elke mens is ewe belangrik, ongeag ons kleur, ras, emosionele, geestelike of fisiese gesondheid.  Die regering moet tot verantwoording geroep word hiervoor. Ons durf dit nie gelate aanvaar nie. Verder moet my lewe elke dag wys dat ek ook elke mens se menswaardigheid erken.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.