Amandel- en-roosmarynbrood

336
Amandel- en-roosmarynbrood

10 min. + gaarmaak 30 min.
1 broodjie

BESTANDDELE

1½ koppie amandelmeel
4 e vlassaadmeel of -poeier, opgehoop
2 e varsgekapte roosmaryn
1 t droë tiemie
1½ t woestynsout
¼ t growwe swartpeper
3 t koeksoda
¼ k olyfolie
5 groot eiers
1 e appelasyn
amandelmeel en -vlokkies om bo-oor te sprinkel

METODE

1 Voorverhit die oond tot 180°C. Gebruik ’n standaardgrootte broodpannetjie uitgevoer met bakpapier.
2 Meng al die droë bestanddele saam, voeg dan die appelasyn en olyfolie by.
3 Klits die eiers apart en voeg by.
4 Klits dan al die bestanddele saam tot ’n gladde beslag.
5 Gooi die beslag in die broodpan. Maak seker dit is eweredig versprei.
6 Sprinkel met amandelmeel en -vlokkies en plaas in oond vir 30 minute.
7 Laat effens afkoel voor opdiening.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.