Amandelmeel-schnitzel

179

10 min. + gaarmaaktyd
20-25 min.

BESTANDDELE

4 mense
4 groot hoenderfilette, saggemaak
3 e rou heuning
4 eiers, geklits
4 t olyfolie
2 g paprika
vars Italiaanse pietersielie, opgekap, vir garnering
Vir die krummels
1 k amandelmeel
2 e sesamsaad, opgehoop
1 t vars knoffel, opgehoop
½ t fyn woestyn- of pienk sout
2 t uievlokkies, opgehoop
1 t droë pietersielie, opgehoop

METODE

1. Stel die oond op 200 °C. Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.
2. Versag die hoenderborsies en seël elke borsie met rou heuning aan beide kante.
3. Meng al die bestanddele vir die krummels in ’n mengbak.
4. Klits die eiers in ’n aparte bak.
5. Rol die hoenderborsies in die krummelmengsel, doop in die eier, rol weer in die krummels en plaas dan op die bakplaat.
6. Herhaal vorige stap met elke hoenderborsie.
7. Bak vir 20 minute.
8. Haal uit oond. Bedruip met olyfolie, besprinkel met paprika en plaas terug in die oond vir ’n verdere 5 minute tot goudbruin.
9. Garneer met pietersielie. Sit warm voor met bykosse van jou keuse.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.