Appel-en-karamelpoeding

0
143
appel_poeding.jpg

Sluit die Sondag middagete af met hierdie Appel-en-karamelpoeding. Dis ’n heerlike winter-wenresep!

Genoeg vir 12
Tyd: 1½ uur

BESTANDDELE
625 ml suiker
3 eiers
375 ml plantaardige olie
10 ml vanieljegeursel
750 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
100 g pekanneute, gekap, plus ekstra
765 g ingemaakte appels, in skywe

Vir die karamel
180 g botter
180 g sagte bruinsuiker
30 ml melk
knippie sout

METODE
1. Stel die oond op 180°C. Smeer ’n oondbak met botter.
2. Klits die suiker, eiers, olie en vanielje saam tot goed gemeng. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en meng deur. Vou die neute en appels in. Skep in die voorbereide oondbak en bak vir 45-60 minute tot gaar, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
3. Vir die karamel: Bring die botter, suiker, melk en sout oor matige hitte tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos het. Kook vir 2 minute om ’n goue karamel te vorm.
4. Prik die poeding oraloor met ’n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die karamel bo-oor. Strooi ekstra pekanneute oor.

Resep met die komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family