Appelsaad

“If the attention of men is directed to us, to our example, our enterprise, our energy, our success, it should be our extreme anxiety that the glorious things they say of us should really be said of our God and of His grace in us.”

Ds. Richard deel vanoggend dat hy eendag laat was vir ‘n trein. Uitasem wou hy by die man agter die kaartjietoonbank weet: “Will I make it…?” Waarop die antwoord was: “Luckily you don’t have to make it, you just need to be on it.”

Die laaste ruk dink ek nogal baie aan ‘purpose’ en wat dit is waarvoor ons elkeen nou juis hier is. Ek kan met groot vreugde vanaand aankondig dat ek besef het: Our purpose on this earth is to be kind and loving to all who may cross our paths. Punt.

Die dryf en ambisie en toekennings en aansien en alles wat daarmee saamgaan, is nie my doel nie. Dit is dalk die energie wat my liggaam aan die beweeg hou, maar dit is nie wat my hart laat aanhou klop nie.

Vanoggend lees ons uit die verhaal van die saaier in Lukas 8. Uit Die Boodskap vertaling:

“Die saad … Dit is die boodskap oor God se nuwe wêreld.
Die saad wat op die voetpad geval het … Wel, dit is die mense wat na die boodskap oor God se nuwe wêreld luister, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Die duiwel sorg dat hulle baie gou vergeet wat hulle gehoor het sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Net soos die voëls met die saad gedoen het, kom ‘pik’ die duiwel die goeie saad uit hulle gedagtes uit.

Daar het ook saad in die holtes van die groot klippe geval … Wel, party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde daaroor, maar net vir ’n rukkie. Sodra hulle geloof iets van hulle vra, sodra hulle moet nee sê vir die sonde, is hulle skielik nie meer so opgewonde nie. Dan is hulle sogenaamde nuwe geloof ook daarmee heen.

Ander saad het tussen die doringbosse beland … Dit is daardie mense wat God se woord aanvaar. Maar kort voor lank word die eise van hierdie wêreld vir hulle belangriker as hulle geloof. Bo en behalwe al hulle bekommernisse, kry die alewige gejaag na geld en plesier dan voorkeur in hulle lewens. Dan het hulle later niks meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. Al hierdie dinge verdring hulle geloof uit hulle lewens uit.

En dan die saad wat in die goeie grond geval het … Dit is daardie mense wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur geraak is. Hulle begin dadelik leef soos God dit wil hê. In alles wat hulle sê of doen, borrel hulle geloof eenvoudig uit.
Hulle geloof lewer van dan af heeltyd vrugte op.”

Ten spyte van die statistiese moontlikheid dat 75% van mense nooit die ware vrug van geloof op die lang duur sal dra nie, begin die vertelling nie met ‘n waarskuwing dat jy mooi moet dink waar jy saai nie.

Dit is nie die saaier wat ‘purpose’ gee aan die saad nie. Dit het die Here reeds gedoen. Die appelboom lê reeds opgesluit in die appelsaadjie.

En moenie bekommerd wees dat jy nie is soos die wêreld is nie.
Dat jy lewe saai terwyl die wêreld verwoesting pleeg nie.

Wees jou eie, ‘authentic’ self, en die Here sal jou nie vir die wolwe gooi nie.

Jou temalied vir die week: Lift my eyes

Vorige artikel‘n Struikelblok oppad na Stiltetyd
Volgende artikelTyd is meer kosbaar as geld
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!