Armand Aucamp: Wat ek geleer het…

1449
Armand Aucamp

OOR JOU VOORKOMS LEER ’N MENS …
dat jy tog vinnig oud word, maar wel meer gemaklik in jou eie vel raak. As jong akteur was ek meer selfbewus, maar is nie meer vandag nie.

WAAR GELD BETROKKE IS, MOET JY …
altyd beplan. Daar moet versigtig daarmee gewerk word. Jy moet geld respekteer anders kan dit jou baas raak.

MENSE SE OPINIES IS ONTSTELLEND …
maar jy leer mettertyd om ’n dik vel te ontwikkel. Jy leer om minder oor ander se opinies om te gee of nie resensies te lees nie.

ROEM MOET JY MET RESPEK HANTEER …
en jy kan kies of dit vir jou van waarde is of nie. Dit is nie vir my belangrik nie. Ja, my loopbaan is vir my belangrik, maar roem dryf my nie.

KLEINTYD SE DROME IS …
daar vir ’n rede. Soos ’n mens ouer word, verander die drome wel as gevolg van sosiale verwagtinge en omstandighede. Tog moet ’n mens daardie kleintyddrome probeer bewaarheid.

FAMILIE WORD ALTYD GEKOESTER …
en my familie lê my na aan die hart. ’n Mens moenie toelaat dat enige kwellings julle ooit uitmekaar dryf nie.

JOU MEDEMENS IS NIE VAN SEER …
gespaar nie. Almal gaan deur hulle eie goed. Toon empatie vir jou medemens en gee om waar die geleentheid hom voordoen.

OM ’N ENTREPRENEUR TE WEES …
verg harde en konstante werk.  Jy moet dinge laat gebeur. Dit is  nie ’n passiewe ding nie. Jy moet aanhou aan projekte bou.