Dít inspireer my! (Andriëtte Norman)

57
Andriette Norman

MY IDEALE DAG IS …
enige dag wat ek saam met my familie kan spandeer. Soos om in my ouers se agterplaas te sit, te braai en lekker te kuier, terwyl die kinders om ons speel.

EK ONTSPAN DEUR …
buite in die natuur te wees. Om deur totale stilte omvou te word en net die natuurgeluide om my te hoor, is ’n groot bederf.

EK IS OP MY GELUKKIGSTE …
wanneer ek lekker kos kan maak en my geliefdes daarmee kan bederf. Kosmaak is my ander talent. My ma sê hoeka ek moet nog eendag ’n restaurant oopmaak.

DIE LEKKERSTE GEVOEL …
is wanneer die kinders hulle armpies so styf om my nek sit. Dit laat my baie geliefd voel.

EK WAARDEER …
elke nuwe dag wat soos ’n verrassing voor ’n mens oopvou. ’n Mens weet nie wat vandag vir jou gaan inhou nie. Ek probeer die beste maak met wat ek het.

EEN GEHEIM VAN GELUK …
is om met goeie balans te lewe. Vandat ek vrou en ma geword het, maak ek seker my gesin en familie kom eerste. Ek sê nie meer vir alles ja nie.

MY GROOTSTE HOOP IS …
dat ek vir ewig sal kan sing en dat ek kan oud word soos my ouers. Dat my kinders ook eendag saam met hulle kinders by my sal kom kuier.