Dít inspireer my! (Demi Lee Moore)

36
Demi-Lee-Moore

WAT MY GELIEFD LAAT VOEL, IS …
my ondersteuners. Sonder hulle kan ek nie doen waarvoor ek die liefste is nie. Danksy hulle leef ek my droom.

EK WORD GEÏNSPIREER DEUR …
my ma. Sy is altyd positief, met die grootste glimlag op haar gesig. Sy sal haar laaste sente vir haar medemens gee. Alles wat goed in my is, kom van haar af.

OM MY KREATIWITEIT TE PRIKKEL …
luister ek na country-musiek. Ek is mal daaroor. Dit vertel altyd ’n storie – hartseer of gelukkig – dit maak my gelukkig.

EK ONTSPAN DEUR …
TV te kyk. Tydens die inperking was dit my grootste tydverdryf, en bly die lekkerste manier om te ontspan. Ek is mal oor true crime. Dis al wat ek kyk.

EK IS OP MY GELUKKIGSTE …
op die verhoog. Dis waar ek vry voel. Ek kan myself wees, en as ek sien die mense geniet dit saam met my is dit die grootste kompliment.

MY IDEE VAN VAKANSIE IS …
son en see. Ek is mal oor die water en om warm te kry. Mosselbaai is my gunsteling-vakansieplek en jy sal my altyd by die waterwurm kry.

MY GROOTSTE BEDERF IS …
om in die Kaap by familie en vriende te kuier. Dit laat my recharge en dan is my hart vol en gelukkig. Ek het vir amper dertig jaar by my ma gebly en nooit gevoel ek wil uittrek nie.

EK BEWONDER MENSE …
wat ’n mooi gesindheid teenoor ander het wat tyd maak vir jou en hulle kennis deel. Hoogmoed is die een ding wat ek nie kan verdra nie.

Vorige artikelDis hoekom ek soggens opstaan
Volgende artikelResep vir ’n gelukkige gesin