Dít inspireer my! (Desiré Gardner)

196

WAT MY GELUKKIG MAAK, IS …
om my geloof uit te leef, om lekker dinge saam met die kinders te doen, tyd te maak vir die mense wat my liefhet en om te werk. Ek is ’n ongelooflike harde werker.

WAT MY LAAT ONTSPAN …
is wanneer ek omring is met mense wat ’n kalmte uitstraal. Ook wanneer ek my twee kinders sien lê en slaap. Dit maak my ook rustig wanneer ek bevestig wie ek in die Here is.

EK WORD GEÏNSPIREER DEUR …
die sterk gelowige vroue wat my omring. En ook om stories te vertel deur die werk wat ek doen – as akteur, skrywer en vertaler. Ek sal eendag onthou wil word as ’n storieverteller.

VIR MY BETEKEN ’N GOEIE MA …
iemand wat daarna streef om ’n goeie ma te wees, al maak sy ’n klomp foute. As ’n mens wonder hoe jy ’n beter ma kan wees, is jy dit reeds, want dis ’n prioriteit in jou lewe.

EK VOEL GELIEFD WANNEER …
iemand vir my hulle kosbaarste besitting gee, naamlik hulle tyd. Dis ’n manier van omgee, van wys dat ek gewig dra in hulle lewe.

EK KRY MY ENERGIE …
op verskillende maniere. In die terapie waarmee ek besig is, in my werk, deur my kinders en die ongelooflike rolmodelle in my lewe – familie, vriende en kollegas.

MY LEKKERSTE VAKANSIE IS …
wanneer ek saam met ons familie op die strand kan wees en ’n boek kan lees – verkieslik in die pragtige area waar my ma-hulle woon (Groot Brak, Mosselbaai se wêreld).

MY GROOTSTE BEDERF IS …
om op my eie op die strand te gaan hardloop, met die mooiste musiek in my ore, en om daarna ’n lekker warm stort te geniet en aan iets te knibbel. Vetkoek en pizza is die beste!

Vorige artikelAlles loop reg … al voel alles verkeerd
Volgende artikel[PODSENDING] Ons kan saam soveel meer vermag