Dít inspireer my! (Leandie du Randt)

29

DIE BESTE MANIER OM MY DAG TE BEGIN …
is om dankie te sê vir wat ek het, en dat alles wat vandag oor my pad gaan kom, ten goede sal meewerk.

’N KLEIN GEBAAR WAT ’N GROOT IMPAK MAAK IS …
wanneer jy vir mense wys jy sien hulle raak en waardeer wat hulle doen. Niemand is onbelangrik nie.

EEN DING WAARMEE EK GOED IS …
is om pret te hê. Dit waarvoor ek “ja” sê, is dinge wat ek graag wil doen, omdat dit vir my lekker is.

IETS WAT ALMAL EEN KEER MOET PROBEER IS …
om met dankbaarheid te reageer op alles wat vandag met jou gebeur. Dit dwing om jou anders na die omstandighede en jou reaksie te kyk.

MY IDEE VAN ONTSPAN IS …
’n glas wyn, lekker kos en goeie geselskap, veral om ’n braaivleisvuur saam met familie en vriende. By hulle voel ek vry om net myself te wees.

’N LEKKER BEDERF IS WANNEER …
ek my foon, wat my besigheid is, afsit. Ek is geneig om myself te oorwerk, veral omdat ’n mens amper enige tyd, enige plek aanlyn kan werk.

’N GROOT LEWENSLES IS …
dat ’n mens al jou planne gereeld moet water gee, want jy weet nie watter blommetjie op watter tydstip gaan blom nie.

MY GROOTSTE DROOM IS OM … elke dag God se beste plan vir my lewe na te jaag. Hy weet presies waar ek die grootste impak vir sy koninkryk kan maak. Dís waar ek wil wees.

Vorige artikelHoekom dwaal sy of jou oë?