Dít inspireer my! (Riana Nel)

342

WAT MY GELIEFD LAAT VOEL IS …
wanneer my man my laat laat slaap en vir ’n paar uur ma en pa speel en die kinders uitsorteer.

OM MY KREATIWITEIT TE PRIKKEL …
hou ek daarvan om na mense se stories te luister. Ek skryf graag liedjies vir die publiek. Mense stuur hulle stories en dan sit ek dit om in ’n liedjie, spesiaal net vir hulle.

EK ONTSPAN EN HERLAAI DEUR …
met ’n goeie vriendin te gesels. Ek is een van daardie mense wat gereeld ’n klankbord nodig het. Ek het beter perspektief as ek met iemand kan gesels.

EK VOEL OP MY GELUKKIGSTE …
as ek kan koffie drink en produktief wees; wanneer ek aan die einde van ’n dag kan wys wat ek gedoen het. Of dit nou skilder, liedjieskryf of ’n aktiwiteit saam met die kinders is.

MY IDEE VAN VAKANSIE IS …
enige plek waar ek langer as ses dae kan ontspan. Ons het jare laas lang vakansie gehou, so dis ’n groot droom. Ek sal ook eendag weer Amerika toe wil gaan.

EK BEWONDER MENSE SOOS …
my vriendin, wie se ouers onlangs positief vir Covid-19 getoets het. Haar opmerking: “Ek is nie positief nie, net positief oor die lewe.” Ek wil ook so dink en praat.

MY GROOTSTE DOELWIT IS OM …
my kinders eendag te sien die Here aanneem as hulle Verlosser; en dat hulle goeie mans sal wees wat met goeie vrouens trou. Dit gee ’n mens ’n fighting chance.

Vorige artikelSwaarkry kán jou sterker maak
Volgende artikel[PODSENDING] Moenie dat vrees jou sukses steel nie [Reeks 1 Nommer 9]