Dít inspireer my! (Simoné)

82

DIE BESTE MANIER OM MY DAG TE BEGIN …
is met ’n koppie koffie in die bed (wat my man elke oggend vir my bring!), en tyd in die Woord.

’N KLEIN GEBAAR WAT ’N GROOT IMPAK MAAK …
is wanneer iemand iets vir my doen of stuur, sonder om enigiets in ruil te verwag (soos wat baie keer op sosiale-mediaplatforms die geval is).

EEN DING WAARMEE EK REGTIG GOED IS …
is om die groter prentjie raak te sien en mense te help om moeilike omstandighede te navigeer deur dit vir hulle “in te kleur”. Ek is ’n sucker vir hoop.

MY IDEALE WEGBREEK IS …
’n naweek in Dullstroom, saam met hartsvriende en goeie koffie. Die mooi natuur, vars lug en goeie geselskap doen ’n mens se siel goed.

IETS WAT ALMAL EEN KEER MOET PROBEER IS …
om alleen oorsee te reis. Of om vetkoek met maalvleis en stroop te eet. Lekkerrrr!

EK BEDERF MYSELF …
deur kerse aan te steek, ’n bad tap en ’n reeks op Netflix te binge.

EK IS GELUKKIG WANNEER …
die seisoene van winter na somer verander, want dit beteken mango’s, my gunsteling-vrug, is weer in seisoen!

’N RISIKO WAT DIE MOEITE WERD IS …
is om jou werk te bedank as die Here jou lei om dit te doen. Dit was die grootste geloof-sprong wat ek nog moes neem, met die grootste reward.

Vorige artikelLyding skei ons nie van God nie
Volgende artikelLeer om … jou kind speel–speel slim te maak