Hildegardt Whites (Silkiewicz): Wat ek geleer het …

209

NIEMAND KAN SOOS JY WEES NIE, GLO DIT …
die beste geskenk aan jouself is om te glo in jou talente. In jou unieke self, want in hierdie hele wêreld is daar net een soos jy.

OMRING JOUSELF ELKE DAG …
met die dinge wat jou opgewonde maak. Vir my is dit tyd saam met my gesin en familie. Óf om musiek te maak. Dit laat my siel sing!

DAAR IS ALTYD RUIMTE OM …
in jouself te groei. Sien die lewe as ’n nimmereindigende leerskool. Elke fase, plek, mens of uitdaging leer jou iets van jouself.

SOMS IS ’N MENS SE GROOTSTE STRUIKELBLOK …
die feit dat jy te hard is op jouself. Dit laat jou twyfel, kanse misloop. Ek werk elke dag hard daaraan om gentle met myself te wees.

DIE GEHEIM VAN GOEIE TYDBESTUUR …
lê in goeie organisasie. Ek staan vroeg op en kry alles in orde voordat my seuntjie wakker word. Dan is alles minder stresvol.

LAAT RUIMTE VIR JOU SWAKHEDE …
want niemand is perfek nie, ook nie jy nie. Ek raak moeilik as ek moeg is, en is baie sleg met foonoproepe en boodskappe antwoord. Dis oukei.

DIE BESTE MANIER OM BALANS TE VIND …
is om te weet wanneer om af te skakel. Wanneer ek by die werk is, wérk ek. En by die huis, speel en rus ek. Dan is my gesin die fokus.

AS VANDAG NIE SO LEKKER IS NIE …
moenie worry nie. Môre is nog ʼn dag. Kies om op die goeie in die lewe te fokus, om die silwerrandjie raak te sien. Geluk is ’n ingesteldheid.

Vorige artikelAs jy en hy oor geld vassit
Volgende artikel[VIDEO] As jy en hy oor geld vassit