Ilne Benadie: Wat ek geleer het …

99

WANNEER JOU WÊRELD TE KLEIN VOEL …
wees dapper en sprei jou vlerke. Gaan soek na die dinge, mense en plekke wat jou laat tick. Dit gaan voel soos ’n tuiskoms.

’N GELUKKIGE LEWE WORD GEBOU …
deur uit te vind wie jy werklik is en wat jy uit die lewe wil hê. Uiteindelik is ek op ’n plek waar ek sielsgelukkig voel.

JOU IDENTITEIT LÊ NIE …
in die uiterlike dinge soos jou werk, jou huis of mense se opinies van jou nie. Dit lê in wat God van jou sê. Vind uit wat dit is, en wees daardie mens.

OM JOU DOELWITTE TE BEREIK …
moet jy bereid wees om kanse te waag. Nie bang wees vir mislukking nie. Die waagstuk is dalk jou volgende deurbraak.

OM VOLUIT TE LEEF …
beteken om die hier en nou te omhels, die oomblik ten volle te geniet. Voor ma-wees het ek dikwels sulke oomblikke gemis. Altyd gefokus op die volgende mylpaal.

WARE VRIENDSKAP BETEKEN …
lojaliteit. Mense wat ek kan vertrou, en wat op my kan staatmaak. Ek tel eerder my vriende op een hand, as wat ek honderde kennisse het wat nie regtig waarde toevoeg nie.

PASOP OM NIE TE VEEL …
van jouself aan ander weg te gee nie. Ek wil altyd graag mense help, raak maklik betrokke, en word dan misbruik. As iemand net vat en niks teruggee nie, is dit tyd om te laat gaan.

WIE SOU OOIT KON DINK …
dat jy nie maer hoef te wees om die lewe te geniet nie. Soveel vroue glo nog hierdie leuen, en kom nooit uit by innerlike geluk en aanvaarding nie. So bly ek is uiteindelik daar!

Vorige artikelLeer jou kind om geldslim te wees
Volgende artikelOm vrees vir die dood te oorkom