Ingrid Paulus: Wat ek geleer het …

89

WEES BEWUS VAN ANDER SE GEVOELENS …
en moenie net dink en praat sonder enige begrip of empatie nie. Mense maak mekaar bitter seer, omdat hulle net aan die “eie ek” dink.

WERK MET JOU GOEIE EIENSKAPPE …
soos my sterkpunt is dat ek dinge mooi deurdink. Lysies maak van al die voor- en nadele voordat ek ’n besluit neem. My intuïsie is gewoonlik reg.

DIE LEWE HET MY GELEER DAT …
’n mens nooit almal tevrede sal stel nie. Moet dus nie so hard op jouself wees nie. Môre is nog ’n dag.

BESLUIT WATTER IMPAK JY WIL MAAK …
en gaan voluit daarvoor. Myne is om mense aan te moedig om meer selfvertroue te hê om hulle drome te bereik. Ek ken die ander kant.

ONDERSTEUNING EN LOJALITEIT …
dis wat vriende vir mekaar gee. Ek sal altyd my bes doen om daar te wees wanneer die mense in my lewe my die nodigste het.

DIS TYD MORS OM GEDURIG TE TOB …
oor wat ander van jou dink of sê. Dit maak dit onnodig moeilik om jouself te aanvaar nes jy is.

AS EK DIE HORLOSIE KON TERUGDRAAI …
sou ek niks wou verander nie. Al daardie harde en goeie lesse in die lewe het van my ʼn sterker mens gemaak.

MY GROOTSTE STREWE IS …
om myself gedurig te verbeter in alles wat ek aanpak. Om die beste vrou en ma te wees, maar ook om ’n produksiemaatskappy te stig en my eie stories te skryf.

Vorige artikel‘’n Oudbendelid se beurt om terug te gee’
Volgende artikelLaat jou kinders hulle eie probleme oplos