Kim Syster: Wat ek geleer het …

89

ALLES WAT JOUNE MOET WEES, EN NIE MOET WEES NIE …
word reeds vooraf bepaal. Hierdie woorde van ’n mede-akteur het my gehelp om suksesse en mislukkings te kan aanvaar.

MY VRESE KEER MY NIE OM TE PROBEER NIE …
Ek glo aanhouer wen. Al het ek hoogtevrees, sal ek steeds Tafelberg aandurf. Dit geld vir alles waarvoor ek bang is. Hou aan tot jy die berg se kruin bereik.

DIE LIEFDE IS ONSELFSUGTIG …
’n Verhouding gaan nie daaroor om mekaar te verander nie, maar om mekaar te aanvaar – foute en al, en saam te groei.

DIE “NEE” WAT JY KRY, IS IEMAND ANDERS SE “JA” …
Gun dit vir hulle, want hulle gaan beter daarin wees as jy. Volgende keer is dit weer jou beurt. Vertrou die groter prentjie.

DOEN ALLES MET DIE REGTE GESINDHEID …
Wees vinnig om te vergewe. Moenie ander oordeel nie. Kweek begrip vir die besluite en foute wat mense maak. Jy wil tog hê hulle moet dieselfde vir jou doen.

EK IS WIE EK IS …
en ek probeer elke jaar ’n beter weergawe daarvan wees. My eerlikheid is my sterkste eienskap, en ek wil nooit daarop ’n kompromis aangaan nie. Om te jok, is net so goed soos steel.

DAAR IS ’N TYD OM OP TE HOU PRAAT OOR ’N DING …
en dit net te begin doen. Om uit te stel, is ’n groot swakheid, en al hoe ek dit gaan oorkom, is deur ’n begin te maak. Gee klein treetjies vorentoe.

EK STREEF DAARNA OM MEER ONAFHANKLIK …
van ander mense te wees, maar nooit onafhanklik van God nie. My hele bestaan wentel om Hom.

Vorige artikelJy verdien om gelukkig te wees
Volgende artikel‘Geluk het my onverwags verras’