Michael Mol: Wat ek geleer het …

96
Michael Mol
Foto: Karin Schermbrucker

MET MEER EMPATIE …
kan ’n mens baie vermag. Dis die eienskap van Jacqui wat ek die meeste bewonder en wil navolg. Sy verstaan mense, voel saam met hulle en sien die lewe deur hulle oë.

WANNEER IETS SLEG GEBEUR …
vra ek nie “hoekom?” nie. Eerder, “Wat is die doel daaragter?” Ek wil deur uitdagings en probleme groei en leer; dit deel maak van my lewensstorie.

BESLUITELOOSHEID EN TWYFEL …
is nie iets om mee saam te leef nie, dis iets om te deurleef – tot jy anderkant uitkom. Dit maak jou gefokus en afhanklik van God.

SUKSES OF MISLUKKING …
dit maak nie saak nie. Doen net jou bes en as dit faal, is jou lewe steeds in Sy hande. Wat is daar om te vrees?

OM GESOND TE LEEF …
hou dinge eenvoudig. Fokus op die drie belangrikste punte, eet “regte” kos, slaap genoeg en beweeg die hele tyd.

WANNEER JY DINK NIEMAND SIEN NIE …
vang iemand jou uit. Al het ek ’n vreeslike soettand, het ek geleer om die raad wat ek uitdeel, altyd self ook te volg.

OM AS ’N MENS TE GROEI …
verg konstante, goeie gewoontes. Een hiervan is om elke aand voor bedtyd oor die dag te reflekteer. Wat het ek goed gedoen, waarin kan ek verbeter?

’N NALATENSKAP …
is nie iets wat ek wil agterlaat nie. Die lewe gaan lankal nie meer oor my nie. Dit gaan daaroor om die Een in my te verheerlik deur alles wat ek doen.

Vorige artikelArno Jordaan: “Daar is ’n rede hoekom ek moes leef”
Volgende artikelDis hoekom ek soggens opstaan