VIR ’N OUER IS GEDULD IETS…
waarvan jy een dag niks het nie en die volgende dag hope. Alles hang net af van hoe lank die titaniese tantrum duur.
WANNEER ANDER MY WIL OORDEEL, KIES EK…
om my liggie te laat skyn, al is dit ook hoe klein, en om nie in dieselfde skoene van oordeel teenoor ander te staan nie.
IN DIE VERMAAKBEDRYF IS DAAR…
vir elkeen ’n plekkie in die son, so waardeer en respekteer elkeen, van die beginner tot die bekende.
JOU STATUS BETEKEN NIKS, KIES OM…
net jouself te bly, ten spyte van jou bekendheid. Om nederig en dankbaar te wees en ander waardig te laat voel, want hoogmoed kom voor die val.
KINDERS LEER MY OM…
aanhoudend liefde te gee. Liefde is die taal wat die engele praat, en as ek my kinders daardie taal kan leer, sal vlerke van vrede en vreugde hulle lewenslank laat vlieg.
WANNEER ’N TERUGSLAG TREF…
onthou ek die eenvoudige woorde wat sê haal net asem en glo, want met God sal jy altyd aan die ontvangkant van die goeie wees.
TEEN SIEKTE EN LYDING IS…
niemand gewaarborg nie. So, moet nooit gesondheid en awes as vanselfsprekend aanvaar nie.
OM SPANNING TE HANTEER…
moet ek nog leer. Dit is iets waarin ek nog nie in die lewe se leerskool geslaag het nie.