“Ek is geïnspireerd om meer te wees”

1066

Louwerens Swanepoel, suksesvolle motiveringspreker, mentor en besigheidsman, se lewe het in ’n oogwink verander. Ná ’n beroerte word hy vyf jaar lank in ’n rolstoel vasgekluister.

Jy kan nie gee, wat jy nie het nie,” het my pa altyd gesê. Ná die mees angswekkende oomblik van my lewe, het my pa se woorde vir die eerste keer regtig sin gemaak.

Ná 19 jaar se studies en baie grade agter my naam, het ek myself steeds in die aktiewe inkomstegroep bevind. Dit beteken geen werk nie, geen salaris nie.

Ek het myself belowe, indien ek herstel – rolstoel of nie – sal ’n passiewe inkomste my prioriteit wees. Die hoofrede was om ’n finansiële heining rondom my gesin te bou.

My pa was ’n weeskind. Oorlewing en verwerping het sy uitkyk op die lewe gevorm. Om moeg te word en te rus was ’n luukse. Wanneer jy as man van die huis nie in staat is om te voorsien nie, breek dit jou.

Ek het tydens ’n direksievergadering begin siek voel. Die gesigte rondom my het skielik dof geraak. Ek het beheer oor my liggaam verloor. Vyf meter na my stoel was net te ver. Ek het neergeslaan.

My vrou het drie maande langs my hospitaalbed geslaap. “Louwerens, jy gaan fine wees,” het sy bly sê.

Ná die beroerte is ek met die waarheid gekonfronteer. Al het jy al die grade en geld in die wêreld, sonder jou mense is jou bestaan leeg. Ek is afhanklik van die emosionele konneksie met my mense. En alle moontlike vrye tyd is my én my vrou s’n … Dis waar ek herlaai. By my anker.

Tydens my tyd in die hospitaal het my gedagtes my baie besig gehou … ek was nie op ’n goeie plek nie. Ek kon nie toelaat dat donker wolke in my hart saampak nie. In my gees en vlees was daar nog soveel om voor te lewe. Hier het die belangrikheid van ’n passiewe inkomste tot my begin spreek.

Vandag, meer as ooit tevore, fokus ek daarop om aan ’n nalatenskap vir my familie te bou en daardeur ’n verskil in ander se lewens te maak.

Wanneer ’n mens self groei beleef en mense om jou sien groei, leef jy voluit! Die wete dat ek tot hierdie groeiproses bydra, bring gemoedsrus. Wanneer mense groei en ontwikkel, breek daar sommer ’n lewendige gevoel in my los. Veral as hulle deur hulle eie groeiproses ander ook help om te groei.

Voordat jy ’n leier word, motiveer selfontwikkeling jou, nadat jy ’n een geword het … motiveer ander se ontwikkeling jou. Dit is een van my doelwitte. Leierskap. Hierdie wêreld het meer aanwysers nodig. Dit is tog die katalisator vir verandering en groei.

Om elke dag met doelgerigtheid en passie te leef, is genoeg motivering vir my.

Ná die beroerte het ek as welstandsmentor ’n inkomste begin bou. So kon mense deur my getuienis gehelp word om hulle gedagtes en hele ingesteldheid op ’n positiewe plek te kry. Steeds het die soeke na die regte geleentheid om ’n passiewe inkomste te genereer in my gedagtes bly spook.

‘“Dís waarvoor jy gesoek het,” het my vrou sag gesê. Sy het die geleenthede wat Herbalife, as onafhanklike verspreiders, bied eerste raak gesien. Alles het verander. Ek het nooit gedink ek sou my praktyk verruil om voltyds onafhanklike verspreider van Herbalife te wees nie.

My loopbaan is vervullend omdat so baie mense positief beïnvloed word.

Mense het nie altyd die kennis of dieselfde seer as ek beleef nie. Seer wat my soveel meer as sukses kon leer. Hierdie lesse moet gedeel word. Dit sou selfsugtig wees om die waarheid net vir myself te hou.

Ek is mal daaroor om mense aan hulle drome te herinner en die begeerte om dit waar te maak weer te ontsluit. Dis asof dit my roeping is om mense van ’n bankrot mentaliteit te red.

Die hart, die kop en hande moet saamwerk – in ooreenstemming gebring word. Sodat mense hulle volle potensiaal kan bereik. Dit wat jy dink, voel en doen, bepaal jou sukses. Of mislukking.

Die lewe is baie kort en kan so vinnig verander … dit het my geleer om elke oomblik voluit te leef, maar om ook voorbereid te wees.

Daarom moet jy so gou moontlik die beginsel van ’n groeiende inkomste leer. Geen mens het nodig om ooit in hulle lewe só hulpeloos te voel nie.

Ek ken die kwesbaarheid van verandering. Om nie in beheer van jou eie finansiële situasie te wees nie … nog minder van jou lyf en beweging.

Om ewe skielik so afhanklik van ander te wees, kan ’n man nogal knak. Om nie eens vyf treë te kan loop, jou bene te kan beweeg of jou denke en woorde bymekaar te kan sit nie.

Jy kan emosioneel, geestelik, finansieel en intellektueel sterk wees, maar as jy jou gesondheid afskeep, gaan jy nie die mas kan opkom nie.

Kwaliteit en balans was nog altyd vir my baie belangrik. Daarom was dit van die begin af vir my ’n wonderlike geleentheid om as ’n Herbalife onafhanklike verspreider betrokke te wees.

Ons produkte verseker nie net suksesvolle gewigsbeheer nie, maar bied ook die perfekte vervangingsmaaltye vir besige lewens. Sportmanne en -vroue gebruik ons energiedrankies om hulle te help presteer. Proteïendrankies help met die herstelproses ná ’n strawwe oefensessie.

Ons spog met wêreldklasprodukte en gesonde voeding help ook konsentrasie verbeter. Daar is ook produkte wat hart- en spysverteringgesondheid aanspreek. Dan praat ons nie eens van velsorg- en skoonheidsprodukte van wêreldklasgehalte nie.

Herbalife-produkte is in ’n klas van sy eie!

Vorige artikelIs jy regtig tot enigiets in staat?
Volgende artikelSjokoladepofrys