Dagdrome kan jou motiveer om beter te word

86

Tydens dagdrome is daar glo baie aktiwiteite in die grysstof wat hoë denkvlakke beheer. Dit is dieselfde dele van die brein wat verantwoordelik is vir probleemoplossing. ’n Dagdroom aktiveer dele van die brein wat nie produktief is as jy nugter dink nie.

Studies meen ook dat dagdrome aandag gee aan die belangriker dinge in jou lewe. Jou gedagtes dwaal dikwels weg na die dinge wat oorheers.

Sielkundiges wat aan die studies deelgeneem het, sê ’n mens moet oor positiewe dinge dagdroom. Jy kan jou energie baie beter benut deur te dink aan wat jy wil bereik en hoe jy dit gaan doen.

As jy jou drome kan “sien”, is daar iets meer realisties om na te streef. Gaan sit op ’n stil plek met toe oë. Visualiseer hoe jy jouself en jou leefstyl teen die einde van hierdie jaar wil sien. Maak seker jy “sien” al die tonele afspeel. Gebruik al jou sintuie en maak die prentjie so lewendig moontlik. Voel nou hoe die energie en geluk deur jou are bruis.

Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer … (1 Korintiërs 9:26-27).

Vorige artikelVera Rousseau: “Ek ontdek liefde op die ouderdom van 50!”
Volgende artikelJy kan enkellopend én gelukkig wees