Jou emosies verklap wat in jou hart aangaan

73

Selfs op ’n sonskyndag is emosies maar ’n duistere ding. En hoewel ons dieselfde woorde – soos gelukkig, hartseer, kwaad, verlate en verlief – gebruik om dít te beskryf, beteken dit vir elkeen iets heeltemal anders.

Al verwysingsraamwerk wat jy het, is dit wat in jou eie hart aangaan. Emosies is die manier waarop jy met gevoelens reageer op die dinge wat gebeur.

Emosies is meer as net trane, lag of haat. Dis ’n uitdrukking van hoe jy as mens dinge verstaan en interpreteer. Dit is liggaamsgevoelens wat jy met jou temperament, persoonlikheid, motivering en buie vereenselwig.

Emosies is nie as sodanig positief of negatief nie.

Dit hang af hoe jy dit gaan gebruik. Dit is nie die werklikheid nie, maar slegs jou reaksie op wat jy as die werklikheid beleef.

Jesus was nooit skaam om sy emosies te wys nie, maar al was Hy ook moedeloos of kwaad, het Hy nooit met sy emosies gesondig nie.

Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan (Johannes 11:33)

Vorige artikelJy kan nie sonde vir God wegsteek nie
Volgende artikelHOE OM … anders te dink oor geld en rykdom