Leer hoe om ander se lyftaal te lees

44

Jou vriendin het nie ’n woord gesê nie. Maar sy hoef ook nie, want jy het geweet wat sy dink. Daardie kyk in haar oë het boekdele gespreek!

Met sielkundiges wat beweer dat 93% van alle kommunikasie deur jou lyftaal en stemtoon gebeur, is dit baie maklik om te weet wat iemand dink sonder dat hulle regtig baie hoef te sê. Die inhoud van jou boodskappe tel maar ’n skrale 7%!

Lyftaal is ’n baie belangrike aspek van moderne kommunikasie en verhoudings. Om die tekens of boodskappe wat mense met hulle liggame oordra te herken, is ’n baie nuttige sosiale vermoë. Sommige mense kan dit van nature maklik “lees”, terwyl ander totaal onbewus is daarvan.

Gelukkig kan enigeen dit, met ’n bietjie ekstra konsentrasie, aanleer en met genoeg oefening sal die “lees” van mense se lyftaal vir jou tweede natuur word. Ons liggaam is God se tempel, en daarom moet ons met ons verbale én nieverbale kommunikasie God vereer.

Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? … en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik (1 Korintiërs 6:19-20).

Vorige artikelGelowiges moet as één funksioneer
Volgende artikelDie boodskap wat jou lyftaal oordra