Leer uit jou foute en probeer weer

6

Neem aksie! Suksesvolle mense is nie dié wat nooit foute maak nie, maar dié wat uit hulle foute leer en weer probeer! ’n Daadwerklike, uitvoerbare plan van aksie kan verhoed dat ’n verandering in ’n krisis ontaard.

Maak egter voorsiening vir die onverwagte deur ’n tweede of selfs ’n derde alternatief gereed te hê. Dalk werk jou eerste plan nie uit soos jy gehoop het nie, en dompel dit jou van vooraf in ’n emosionele warboel.

Aanpassing bly moontlik deur net die volgende vrae eerlik te antwoord: Wat kan ek aan my omstandighede verander?

Wat is dit wat ek nie kan verander nie?

Wat het ek hieruit geleer?

Hoe kan ek oor die situasie dink sodat ek kan aanbeweeg? Watter vaardighede het ek wat ek kan gebruik om aan te pas en watter moet ek ontwikkel om toekomstige situasies beter te kan hanteer?

Onthou, jy kan nie vooruitgaan voordat jy nie die werklikheid aanvaar het nie.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is … (Romeine 12:2)

Vorige artikel“My dogtertjie se stryd bring vreemdelinge op hulle knieë”