Moenie te veel na ander se raad luister nie

17

Besluit om te besluit. Onthou, ons is almal bang vir die onbekende wat voorlê, maar as jy jouself ken, is die reis wat voorlê dalk minder skrikwekkend.

As jy eers al die feite aanvaar het, moet jy sekere besluite neem. Moet dit nie voortdurend uitstel nie.

Só bly jy nie hink tussen verskillende opsies nie en kan jy met jou lewe aangaan. Moenie te veel na ander se goedbedoelde raad luister nie. Dit is jy wat met die uiteindelike besluit sal moet saamleef.

Oor sekere dinge, soos hoe om ’n afleggingspakket te belê sodat jou finansies nie in chaos gedompel word nie, of hoe om met ’n liggaamsgebrek saam te leef, moet jy ’n kenner raadpleeg.

Om dit makliker te maak om ’n weldeurdagte besluit te neem, kan jy ’n joernaal hou van jou daaglikse gevoelens en vrese. Op hierdie manier leer jy jouself ken.

Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. (Kolossense 1:9-10

Vorige artikelSIMONÉ BOTHA: “Ek dans al hoor ek nie die musiek nie”
Volgende artikelWat die Bybel sê oor … uitdagings