Ontwerp ’n droomkaart met spertye en doelwitte

67

Leefstylafrigters en sielkundiges maak dikwels van droomkaarte gebruik. Dit neem die saak een stap verder.

Maak só: Skryf jou drome vir die volgende jaar neer. Soek prentjies wat daarby pas. Knip daardie droommotor of idees vir ’n droomhuis uit en plak dit op ’n groot plakkaat.

Wei nou verder uit met motiverende slagspreuke en prente. Dit moet van toepassing op al die drome wees. Plak jou droom-kaart bokant die lessenaar sodat jy elke dag daarna kan kyk.

Maak nou ’n lys van realistiese drome en wei uit hoe jy dit kan bereik. Stel spertye en doelwitte. Plak die lyste langs jou droomkaart op.

Herinner jouself een keer per week aan hierdie drome. Lees die motiverende slagspreuke oor en oor. Visualiseer wat jy wil hê. Jou brein is ontwerp om jou gedagtes en optrede in lyn te bring met hierdie visie, sodat jy dit wat jy sien, kan bewaarheid.

’n Sperdatum is altyd ’n goeie idee. Sorg ook dat negatiewe gevolge op jou wag as jy die sperdatum mis. Dit sal dit makliker maak om daarby te hou.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees (Romeine 15:13).

Vorige artikelJak de Priester: “Ek weet nou dat God bestaan”
Volgende artikelWat jy kán doen ná ’n krisis