Vertrou, ondersteun, help en leer by mekaar

135

Wys jou ware gevoelens. Ons kwesbaarheid maak ons regte mense. Tog kies ons om ’n leuen te leef, want ons dink “as ander moet weet wie en hoe ek is, sal hulle my verwerp”.

Moenie wegskram van intimiteit nie. Jy hoef nie bang te wees vir intimiteit nie. Egte intimiteit het ’n mekaar-karakter: as ons mekaar nie vertrou, ondersteun, help en bymekaar leer nie, kan daar geen ware intimiteit wees nie. Ons moet van ons intiemste gedagtes en gevoelens met mekaar deel en die risiko loop om nie altyd reg verstaan te word nie.

Maar hoe lyk egte intimiteit? Dis wanneer ons ons ware behoeftes en kwesbaarheid blootlê. Egte intimiteit maak ons bereid om ons vrese en onsekerhede teenoor mekaar te erken en raad te vra. Dit beteken dat ons ons verleentheid met ander deel sodat ons mekaar kan versterk.

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom (Filippense 1:9-10).

Vorige artikel‘Om foute te maak is een van die beste leermeesters’
Volgende artikelOntwikkel jou kinders se sin vir humor