God se liefde neem ons op reistogte

115

God se liefde neem ons op reistogte waarop ons nie wil gaan nie, lei ons langs paaie wat ons nie gekies het nie, om ons te neem na plekke wat ons nooit sal wil verlaat nie — THOMAS CRANMER, 15DE-EEUSE TEOLOOG

Om te misluk in my rolprentloopbaan, al ons geld te verloor, swangerskappe te verloor … Dit is nie die lewensreis wat ek sou kies nie.

Ook nie om ná my veertigste verjaardag vir minimum lone te werk nie. Dit was nie die weg wat ek in gedagte gehad het vir my pad terug na sukses nie.

Tog word ek een nag wakker met ’n onbeskryflike vrede in my hart. God fluister in my gees dat die doel van die reis was om Hom te dien, en nie myself nie. Sonder dat ek dit agtergekom het, het my loopbaan ’n afgod geword.

Dit is toe dat dit my tref: Ek het op ’n plek gekom wat ek nooit wou verlaat nie! Waar God, God is, en nie my loopbaan nie.

Waar Hý my identiteit en waarde bepaal, nie die sukses van my werk nie.

Vanuit hierdie posisie is ek vry om my drome na te streef vir Sy heerlikheid! Die bonus? Ons storie het ’n boek geword. Die boek is besig om in ’n rolprent verwerk te word.

God het die mislukkings van my lewe geneem en dit in kunsmis verander vir nuwe groei.

En dit alles omdat Hy vir ons lief is

– Frank Rautenbach