Besluiteloosheid kan jou van sukses ontneem

93

Andrew Carnegie het beweer dat die meeste mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit. Besluiteloosheid is die hoofrede waarom sukses mense ontwyk.

Carnegie, vermoedelik die wêreld se eerste miljardêr, het eendag ’n jong verslaggewer, Napoleon Hill, ingeroep. Hy het hom gevra om 20 jaar van sy lewe te wy aan onderhoudvoering met van die wêreld se welvarendste mense om die geheime van hulle sukses, rykdom en geluk met die res van die wêreld te kan deel.

Carnegie het ongesiens ’n stophorlosie onder sy lessenaar gehou. Hill is net 60 sekondes gegun om te antwoord voordat hy die geleentheid vir ewig sou verloor. Sou hy meer tyd vereis om daaroor te dink, het Carnegie geweet hy is die verkeerde man vir die werk omdat suksesvolle mense vinnig besluite kan neem.

Hill het 32 sekondes geneem om “ja” te sê. Dit het gelei tot Think and Grow Rich, ’n topverkoper verantwoordelik vir die skep van ongeveer een miljoen miljoenêrs.

Spreuke 2:6 sê: “Dit is die Here wat die wysheid gee. Uit sy mond kom al die kennis en insig.” Hy is daardie goeie leier. Daarom kan jy Hom vra om jou te help met jou besluiteloosheid.

–Karien Basson, Redakteur Vroue wat Glo

Vorige artikelLeer uit jou foute en probeer weer
Volgende artikelDis gesond om hardop te lag