[#RegteVroueRegteGeloof] Die ware betekenis van vasbyt

434

Wat is moed? Om op 46 jaar die Comrades vir die eerste keer te voltooi? Om skool op 16 te verlaat as gevolg van ADD en te begin sing omdat dit al is waarmee jy goed is?

Die pa wat twee werke handhaaf om sy kind tydens die Junievakansie op sporttoere te kan stuur? Die ma wat openlik erken dat sy daarvan hou om “net” ma te wees, en nie belangstel om enigiets anders te doen nie …?

Kon dit verhandel word, was die winkels vir seker gereeld uitverkoop … Ek wonder wie die monopolie op die aandelemark sou besit het. Was dit downloadable het ons eksterne hardeware vol daarvan gehad vir die maer dae.

Moed is die vermoë om iets te doen al is jy hóé bang. Ons almal wys daagliks dié dapperheid: Soms om net uit die bed op te staan … om vir die duisendste keer iets oor en oor te doen – kosmaak, kinders bad, gaaf wees, vrou wees, sterk wees …

Dit verg eerlikheid en opregtheid. Soms om net aan te hou en asem te haal. Om nederlae te beleef en steeds vas te hou aan jou geloof.

Eksodus 15:2 lees: “Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.”

Onthou vandag; Skep moed, God is jou sterkte en jou krag, en geloof in Hom maak dinge nie MAKLIK nie, maar MOONTLIK!

#RegteVroueRegteGeloof-REEKS met Karien Basson

Kliek hier vir meer. 

Vorige artikel[VIDEO] Die ware betekenis van vasbyt [Reeks 1 Nommer 5]
Volgende artikelHanteer konflik in die werkplek