[#RegteVroueRegteGeloof] Oppas! Woorde maak seer

587

Om taktvol te wees beteken om mense se gevoelens in ag te neem en hulle nie onnodig seer te maak nie. Dit is intuïtiewe insig oor wat reg en toepaslik is. Die bedoeling is nie om misleidend of onopreg te wees nie, maar eerder om ander met bedagsaamheid te bejeën.

Chuck Swindoll skryf (in Insight for Today), “ek het jare gelede skoene verkoop en ’n bekwame kollega het my die wyse advies gegee om nooit te sê: “Dame, u voet is te groot vir hierdie skoen nie”, maar eerder: “Ek is jammer, maar hierdie skoen is effens te klein vir u voet.” Albei stellings weerspieël die waarheid, maar een is beledigend terwyl die ander ’n diskrete kompliment is.

Begin sommer vandag om daarop te fokus om meer taktvol teenoor jou eggenoot, gesinslede, familie en kollegas op te tree.

’n Mens kan hierdie vaardigheid aanleer met raad uit boeke of deur terug te dink aan jou eie ervarings waar iemand se roekelose opmerkings jou gekwes het. Dit verg net goeie gesonde verstand.

Dit waarvan Salomo in Spreuke 3:21 skryf: “My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie.” Dink voordat jy praat – veral as jy in ’n slegte bui is.

Jou nukkerigheid mag dalk gou verbeter, maar “jammer” kan nie die letsels wat jou woorde veroorsaak, laat verdwyn nie.

#RegteVroueRegteGeloof-REEKS met Karien Basson

Kliek hier vir meer. 

Vorige artikelSkyn die Here deur jou?
Volgende artikel[VIDEO] Oppas! Woorde maak seer [Reeks 1 Nommer 3]